Thursday, March 26, 2009

SUPER INTER VIR KHS

Die Super Inter op Ruimsig was’n groot sukses met KHS tweede uit die 8 skole wat deelgeneem het. Skole soos Helpmekaar, Roodepoort, Brits, Randburg en Marais Viljoen het deelgeneem. KHS se seuns en meisies het op een punt na ’n ewe groot bydrae gelewer. Sarel Prinsloo (s/16) is bekroon as die Top Senior Veldatleet Seun (Hoogspring 1,90m) en Tazmin Brits (m/19) as die Top Senior Veldatleet Meisies (Spiesgooi 53,81m). KHS wen 26 goue, 19 silwer en 25 brons medaljes. Die wenners was Lanél J van Vuuren (DG), Chanté Joubert (400m), Bernadine J van Vuuren (SG), Michelle Lotz (HS), Erné van Niekerk (400H), Marion-Ann Duvenhage (100H en 400H), Schani Moore (DS), Hellouise Erasmus (3000m), Andrea Strauss (400m en 400H), Pieter Kriel (SG), André Esterhuizen (100H en VS), Nico J van Rensburg (SG), Sias Koen (GS), Jacques Smit (1500m), Hubert de Haas (100m), Ryno Pienaar (SG), Sarel Prinsloo (HS), Garry Ollewagen (100m), Vernon Prinsloo (SG), Steyn Kriel (SG) en Tazmin Brits wat weer 3 goue ingeryg het in Spiesgooi, Gewigstoot en Skyfwerp! Sy verbeter ook Sunette Viljoen se Spiesgooi-rekord met 10 meter.

KHS se Top Tien Prestasies (meisies en seuns) volgens die ASA-punteprogram is: 1. Sarel Prinsloo (HS, 834), 2. Garry Ollewagen (100m, 825), 3. Steyn Kriel (Spiesgooi, 817), 4. Garry Ollewagen (200m, 796), 5. Ryno Pienaar (Spiesgooi, 790), 6. Stephen Robberts (110m hekkies, 772), 7. Pieter Kriel (Spiesgooi, 725), 8. André Esterhuizen (Verspring, 722), 9. André Esterhuizen (100m Hekkies, 719), 10. Steyn Kriel (100m, 703).

1. Tazmin Brits (Spiesgooi, 1 084), 2. Schani Moore (Driesprong, 808), 3. Sharon Pattinson (100m, 762), 4. Marion-Ann Duvenhage (400m Hekkies, 759), 5. Sharon Pattinson (200m, 741), 6. Marion-Ann Duvenhage (100m Hekkies, 707), 7. Andrea Strauss (400m Hekkies, 702), 8. Andrea Strauss (400m, 699), 9. Elandi Styger (Verspring, 692), 10. Marion-Ann Duvenhage (200m, 685).


Hubert de Haas












Hellouise Erasmus










Andrea Strauss















Steyn Kriel












Tazmin Brits