Thursday, March 26, 2009

KHS'ers na SA atletiek


KHS se top-spiesgooier, Tazmin Brits , het verlede naweek by die Senior SA’s haar stempel deeglik op die atletiekwêreld afgedruk toe sy in die tweede plek na die veel meer ervare Sunette Viljoen geëindig het. Brits se afstand, wat aan haar die silwer medalje besorg het, was 53,44m.

Benewens Brits het nog ses KHS’ers by die Noordwes Provinsiale kampioenskappe in Potchefstroom gekwalifiseer vir die SA’s toe hulle as
kampioene gekroon is.





Marion-Ann Duvenhage verwerf twee goue medaljes vir haar eerste plekke in 400m Hekkies en 100m Hekkies.


Ook Sharon Pattinson kry twee goues nadat sy die 100m en 200m wen.
Die ander Noordwes kampioene is Andrea Strauss (400m Hekkies), Sarel Prinsloo (Hoogspring), Steyn Kriel (Spiesgooi) en Ettienne Grobler (Hamergooi).

Nog twee KHS’ers ontvang silwer medaljes, nl. Japie Olivier (Hamergooi) en Nico van Rensburg (Spiesgooi). Hellouise Erasmus was vierde en Jacques Smit vyfde.

Die SA’s vind op 6-7 April in Durban plaas.