Sunday, March 8, 2009

KHS SKAAK OPE ’N GROOT SUKSES

KHS se 2009 skaakseisoen het Saterdag 28 Februarie 2009 van ’n hoë toring geskuif met die jaarlikse KHS Ope waaraan 207 spelers deelgeneem het. 70 Beginners het ook Saterdag gespeel.

Die 207 spelers het in die loop van Vrydag 27 Februarie en Saterdag 28 Februarie elk ses rondtes gespeel.

Die laerskoolwenners is:
O/10 - D Muller van Laerskool Driefontein
O/12 - L T Roos van Laerskool Mooirivier
O/14 - W Herbst van Laerskool Lichtenburg

In die O/16 afdeling het S M Claassen van Hoërskool Wesvalia gewen en die O/20 afdeling is gewen deur Calvin Hall van Hoërskool Carletonville. Jannes Venter van KHS eindig tweede.

Die beste beginner was T M Stiglingh.

Volgens mev. Ansu van der Linde was die toernooi ’n groot sukses. “Dit is werklik ’n besondere gesig om 207 spelers in die skoolsaal te sien – almal druk besig om skaat te speel,” sê sy.


Anika van der Linde











Jannes Venter











Jan Harm Steenkamp