Wednesday, March 18, 2009

KHS leerders in SIMFONIA JUVENTI


Kobus Dippenaar (fagot) en Trudie Kritzinger (viool I) is gekies om hierdie jaar in Simfonia Juventi Jeugorkes te speel. Albei leerders is in Hoërskool Klerksdorp. Simfonia Juventi is ’n Jeug simfonie-orkes wat in die April vakansie vir ’n week by Pro Arte in Pretoria oefen. Hulle het optredes in Ermelo, Nylstroom en in Pretoria by die ZK Matthews saal.

’n Baie interessante program van die variasie word voorberei en uitvoerings van hoë standaard word elke jaar bereik.