Wednesday, March 18, 2009

Gr. 8 Kamp





Op Vrydag 16 Januarie het Hoërskool Klerksdorp se graad agt-kamp talle nuwe leerlinge propvol energie gehad en die VLR-lede is net so opgewonde. Die kamp, vanaf Vrydagmiddag tot Saterdagoggend, het aan alle graad agt-leerders die geleentheid gegee om in die skoolsaal te slaap en die program het gesorg vir meer as genoeg pret.

Na ’n middag se baljaar in die swembad moes die jong slange koppe bymekaarsit om ’n perdekar te bou. ’n Skattejag het elkeen ook meer geleer oor kHS se trotse geskiedenis, waarna daar ook ’n slangtoets afgelê is. Die talentaand het dan VLR-lede ure se vermaak verskaf. Na dié suksesvolle naweek pomp daar blou bloed deur elke grad agt leerder se are en word hul elkeen verwelkom as deel van die blou golf!