Thursday, March 26, 2009

Agt rugby wenne te Pietersburg!

Na ’n baie suksesvolle eerste rondte in die Tuks-Super Sestien reeks het KHS 8 rugby-wenne in die sakkie met een span wat gelykop gespeel het en een span wat verloor het.

KHS se eerste rondte was weg-wedstryde teen Hoërskool Pietersburg op Saterdag 7 Maart. Die eerste rugbyspanne het mekaar deeglik vasgevat met KHS wat uiteindelik koning kraai met 31-23. Die Bloues druk altesaam vyf drieë wat twee skitter-drieë deur Garry Ollewagen insluit. Die ander drie-drukkers was John Meyer, Pieter Bornmann en Jannie Schoevers. J C Greyling slaag daarin om drie te verdoel.

Nog ’n span wat uitgeblink het met feitlik foutlose rugby was die O/16A’s wat hul opponente met 27-10 die loef afsteek. Ook dié span spog met vyf drieë van Jacques Swanepoel, Stephen Roberts, Ryno Pienaar, Renier Ferreira en Herman Smith.

Die O/15A’s wen met 13 – 10 en die O/14A’s met 20 - 8.

Die uitslae van die ander spanne is: O/15B: KHS 19 – PHS 5, O/16B: KHS 8 – PHS 3, O/14B: gelykop 17 – 17, 4e Span: KHS 5 – PHS – 0, 3e Span: KHS 27 – PHS 10, 2e Span 12 – PHS 29.










KHS het ver gery en die langpad terug lê nog voor!







Johan Meyer druk die 1e span se eerste drie!











Jannie Schoevers, 1ste span stut laat loop!











Jacques Swanepoel













Hubert de Haas











Herman Smit








FC Brooks, Norman J v Rensburg, Renier Ferreira, Theuns-Bruce Smith

Andre Esterhuizen laat loop met die bal en Pieter Knoetze ondersteun