.jpg)
Soos verlede jaar het KHS weer die beste van al die Noordwes skole gevaar by die bekende Noordheuwel Top Tien byeenkoms wat Woensdag 11 Februarie by die Roodepoort Stadion gehou is.
Van die 34 skole wat deelgeneem het, het KHS sewende geëindig met Gimmies in die elfde plek en Lichtenburg op nommer 22, Rustenburg Hoër op 23 en Brits 27ste. Die kompetisie is deur Kemptonpark gewen met Waterkloof as naaswenners.
Tazmin Brits (spiesgooi – sy het ook in dié nommer vir KHS se hoogste punt gesorg), Marion-Ann Duvenhage (hekkies – sy het vir KHS se meeste punte verdien in haar toegelate 2 nommers), Andrea Strauss (hekkies) en Steyn Kriel (spiesgooi) het almal hul nommers gewen en vir KHS baie punte ingebring.
KHS is veral trots op die feit dat hy afgereken het met skole soos Menlopark, Garsfontein, Dr. E.G. Jansen, Nelspruit en Marais Viljoen.
FOTO:
Marion-Ann Duvenhage