KHS se graad 8’s het Donderdagaand tydens die skool se Groentjieskonsert hul talente deeglik uitgeleef op die verhoog met die tema Vakansie.
Hulle het van Switserland tot Orkney Vaal getoer en selfs ’n haaiaanval by Amanzimtoti oorleef danksy Pamela Anderson van Bay Watch!
Na die konsert is hulle amptelik onthef en kon hulle plegtig uit die skoolkode aanhaal: “Ek sal die goeie naam van my skool altyd in ere hou”
Sou FC Robbertze se ma haar seun herken het?
Op die “Super Tube”! Petrus Peens, Siabonga Mbize, Louis Fourie en LD Wiese tel spoed op.
V.l.n.r.: Petrus Peens, Siabonga Mbize, Louis Fourie, LD Wiese
Jeanette Swanepoel, Caylee Coetzee en Michke Viljoen maak ogies op die strand
Johan van der Schyff en Ruard Schwartz ondersteun mekaar
Ryno Barkhuizen wys hoe ’n mens in die see by Amanzimtoti swem
Lourens Pretorius en Charles Hele kuier op Amanzimtoti
Daniele Ollewagen en Annerie van Wyk, van die hoofleiers wat hulle by KHS aangesluit het.
Sterkman Richard Larkins bult sy spiere