Wednesday, March 18, 2009

BESTE UITSLAE IN DIE LAND




Tydens ’n besoek van me C Koekemoer, vakadviseur vir Toerisme, het sy mev. Yolandé Heymans, KHS se Toerisme-onderwyser kom gelukwens met die beste Toerisme-uitslae in die land. Mev. Heymans se leerlinge het ’n gemiddeld van 74,5% behaal.

“Landwyd is die persentasie onderskeiding in Toerisme ongeveer 1%, terwyl 42% van mev. Heymans se leerlinge onderskeidings behaal het. Sy verstaan die sillabus werklik”, sê mev. Koekemoer.

Wat veral vir me Koekemoer opval, is dat hierdie die eerste eksamen oor die nuwe sillabus is. “Mev. Heymans moes werklik baie insit om dit onder die knie te kry”.

Mev. Heymans het ook verlede jaar die jaarlikse internasionale “Travel and Tourism” – kompetisie die derde keer gewen. Sy het ook al die toekenning “Teacher of the Year” ontvang.