Dit is veral die O/14’s wat goed verteenwoordig is met altesaam ses van die span. Hulle is Liezel Liebenberg, Zané Smith, Lanél J van Vuuren, Daniella Ollewagen, Corné Jooste en Chanté Joubert.
Die ander spelers is Nadine van Zyl (O/15), Michelle Ferreira (O/15), Minnike Reynierse (O/15), Shirene Pretorius (O/16), Leniska Genis (O/16), Yolandé Botha (O/16), Carli Gnäde (O/17), Duney Müller (O/17), Karlene Bester (O/17), Melanie Scholtz (O/18), Jurika Volschenk (O/18) en Marilize Oosthuizen (O/18).
KHS se netbalspelers het ook verlede naweek teen Hoërskool Florida hul staal gewys toe 8 van die 9 spanne wat gespeel het, hul wedstryde gewen het. Die uitslae was as volg: O/14A wen 16-11, O/14B 17-9, O/15A 19-10, O15/B 24-20, O/16A 17-13, O/16B 31-2, O/17A 20-17, Tweedes 14-9 en Eerstes 18-21.