Wednesday, March 18, 2009

KHS VALENTYNSBAL




Romanties, elegant, stylvol, feestelik, “great” – dit is woorde waarmee KHS se Valentynsbal vanjaar beskryf word.

Die graad 11’s het uitgehang met ’n markiestent langs die skoolsaal vir meer dansplek en die tafelversierings en kos was uit die boonste rakke.

“Beter as ’n matriekafskeid” was een van die gaste se mening.

Meneer en Mej. Valentyn wat met groot pryse weggeloop het, is Garry Ollewagen en Elandi Styger. Daar is verskeie pryse en trekkings aan gelukkige paartjies oorhandig – van etebewyse tot Skoonheidsgeskenkbewyse.