.jpg)
KHS het Saterdag op Pietersburg goed afgereken met Hoërskool Pietersburg se eerste krieketspan toe hulle met 7 paaltjies gewen het in die Super Ses kompetisie.
KHS het Pietersburg ingestuur om eerste te kolf en almal uitgehaal vir 71 lopies danksy die briljante boulwerk van Dawid Sebastian wat 5 paaltjies vir 12 lopies in 6 beurte laat spat het. Hy is goed ondersteun deur Jan Bosman Brink wat 2 paaltjies vir 10 in sy tien boulbeurte gekry het.
In KHS se kolfbeurt is die wenlopies in die sewentiende beurt geslaan met Jacques Matthee op 50 n.u.n. van 32 balle en Jan Bosman op 25 n.u.n.
KHS se twee Super Ses spanne speel Saterdag teen E.G. Jansen. Die eerstes het ’n weg-wedstryd terwyl die O/15’s tuis speel.