Thursday, March 26, 2009

SUPER INTER VIR KHS

Die Super Inter op Ruimsig was’n groot sukses met KHS tweede uit die 8 skole wat deelgeneem het. Skole soos Helpmekaar, Roodepoort, Brits, Randburg en Marais Viljoen het deelgeneem. KHS se seuns en meisies het op een punt na ’n ewe groot bydrae gelewer. Sarel Prinsloo (s/16) is bekroon as die Top Senior Veldatleet Seun (Hoogspring 1,90m) en Tazmin Brits (m/19) as die Top Senior Veldatleet Meisies (Spiesgooi 53,81m). KHS wen 26 goue, 19 silwer en 25 brons medaljes. Die wenners was Lanél J van Vuuren (DG), Chanté Joubert (400m), Bernadine J van Vuuren (SG), Michelle Lotz (HS), Erné van Niekerk (400H), Marion-Ann Duvenhage (100H en 400H), Schani Moore (DS), Hellouise Erasmus (3000m), Andrea Strauss (400m en 400H), Pieter Kriel (SG), André Esterhuizen (100H en VS), Nico J van Rensburg (SG), Sias Koen (GS), Jacques Smit (1500m), Hubert de Haas (100m), Ryno Pienaar (SG), Sarel Prinsloo (HS), Garry Ollewagen (100m), Vernon Prinsloo (SG), Steyn Kriel (SG) en Tazmin Brits wat weer 3 goue ingeryg het in Spiesgooi, Gewigstoot en Skyfwerp! Sy verbeter ook Sunette Viljoen se Spiesgooi-rekord met 10 meter.

KHS se Top Tien Prestasies (meisies en seuns) volgens die ASA-punteprogram is: 1. Sarel Prinsloo (HS, 834), 2. Garry Ollewagen (100m, 825), 3. Steyn Kriel (Spiesgooi, 817), 4. Garry Ollewagen (200m, 796), 5. Ryno Pienaar (Spiesgooi, 790), 6. Stephen Robberts (110m hekkies, 772), 7. Pieter Kriel (Spiesgooi, 725), 8. André Esterhuizen (Verspring, 722), 9. André Esterhuizen (100m Hekkies, 719), 10. Steyn Kriel (100m, 703).

1. Tazmin Brits (Spiesgooi, 1 084), 2. Schani Moore (Driesprong, 808), 3. Sharon Pattinson (100m, 762), 4. Marion-Ann Duvenhage (400m Hekkies, 759), 5. Sharon Pattinson (200m, 741), 6. Marion-Ann Duvenhage (100m Hekkies, 707), 7. Andrea Strauss (400m Hekkies, 702), 8. Andrea Strauss (400m, 699), 9. Elandi Styger (Verspring, 692), 10. Marion-Ann Duvenhage (200m, 685).


Hubert de Haas












Hellouise Erasmus










Andrea Strauss















Steyn Kriel












Tazmin Brits

KHS ATLETE TOPS!!

Ons sê DANKIE aan atlete, afrigters, beamptes en ouers wat van die 2009 seisoen ‘n GROOT SUKSES gemaak het! Dankie aan elkeen wat op die baan of veld presteer het of deelgeneem het en dankie aan almal wat op die pawiljoen hul deel gedoen het. Dit bly vir ons baie spesiaal! Ons noem graag die volgende by die naam:

INTERHUIS: Franja du Plessis - Junior Victrix Ludorum
Tazmin Brits - Senior Victrix Ludorum
André Esterhuizen - Junior Victor Ludorum
Steyn Kriel - Senior Victor Ludorum

Steyn Kriel




Franja du Plessis







Witspan Dirigente






Geelspan dirigente






Blouspan dirigente








Rekords vir Benri Marais, Sarel Prinsloo, Sonique Fourie, Marion-Ann Duvenhage (2), Paul Viljoen, Anton Ackermann, Sharon Pattinson (2), Andrea Strauss (3), Tazmin Brits (2) en Japie Olivier

Japie Olivier








Sarel Prinsloo









PLAASLIKE INTER: Geluk aan elkeen van die 67 goue medaljewenners, 69 silwer sterre en 41 brons! Geluk veral aan
· Marion Duvenhage - Senior Victrix Ludorum
· Shirene de Villiers - Beste 0/14 Meisies-veldatleet
· Benri Marais - Beste 0/14 Seuns-veldatleet
· Michelle Lotz - Beste 0/16 Meisies-veldatleet
· Ryno Pienaar - Beste 0/16 Seuns-veldatleet
· Marion Duvenhage - Beste 0/17 Meisies-baanatleet
· Sharon Pattinson - Beste 0/19 Meisies-baanatleet
· Tazmin Brits - Beste 0/19 Meisies-veldatleet
· Steyn Kriel - Beste 0/19 Seuns Veld- en Baanatleet


  • DRIE goue medaljes aan Hellouise Erasmus, Marion-Ann Duvenhage, Tazmin Brits, Benri Marais en Rizaan Olivier

  • TWEE goue medaljes aan Zané Smit, Sharon Pattinson, Steyn Kriel, Lanél J v Vuuren, Veronique Scheepers, Johndré Denner en Andrea Strauss

  • REKORDS aan Tazmin Brits, Japie Olivier, Marnus Senekal, Herman Fourie, Sias Koen, Ettienne Grobler, Andrea Strauss en Schani Moore!

  • Gerhard Labuschagne is die Beste Seunsdirigent op die Inter

KHS NETBAL KOOK VROEG-VROEG!

Agtien van KHS se netbalspelers is gekies om deel te neem aan die finale KOSH-proewe wat op 21 April gehou word.

Dit is veral die O/14’s wat goed verteenwoordig is met altesaam ses van die span. Hulle is Liezel Liebenberg, Zané Smith, Lanél J van Vuuren, Daniella Ollewagen, Corné Jooste en Chanté Joubert.

Die ander spelers is Nadine van Zyl (O/15), Michelle Ferreira (O/15), Minnike Reynierse (O/15), Shirene Pretorius (O/16), Leniska Genis (O/16), Yolandé Botha (O/16), Carli Gnäde (O/17), Duney Müller (O/17), Karlene Bester (O/17), Melanie Scholtz (O/18), Jurika Volschenk (O/18) en Marilize Oosthuizen (O/18).

KHS se netbalspelers het ook verlede naweek teen Hoërskool Florida hul staal gewys toe 8 van die 9 spanne wat gespeel het, hul wedstryde gewen het. Die uitslae was as volg: O/14A wen 16-11, O/14B 17-9, O/15A 19-10, O15/B 24-20, O/16A 17-13, O/16B 31-2, O/17A 20-17, Tweedes 14-9 en Eerstes 18-21.




Melanie Scholtz

Marilize Oosthuizen











Jurika Volschenk

Agt rugby wenne te Pietersburg!

Na ’n baie suksesvolle eerste rondte in die Tuks-Super Sestien reeks het KHS 8 rugby-wenne in die sakkie met een span wat gelykop gespeel het en een span wat verloor het.

KHS se eerste rondte was weg-wedstryde teen Hoërskool Pietersburg op Saterdag 7 Maart. Die eerste rugbyspanne het mekaar deeglik vasgevat met KHS wat uiteindelik koning kraai met 31-23. Die Bloues druk altesaam vyf drieë wat twee skitter-drieë deur Garry Ollewagen insluit. Die ander drie-drukkers was John Meyer, Pieter Bornmann en Jannie Schoevers. J C Greyling slaag daarin om drie te verdoel.

Nog ’n span wat uitgeblink het met feitlik foutlose rugby was die O/16A’s wat hul opponente met 27-10 die loef afsteek. Ook dié span spog met vyf drieë van Jacques Swanepoel, Stephen Roberts, Ryno Pienaar, Renier Ferreira en Herman Smith.

Die O/15A’s wen met 13 – 10 en die O/14A’s met 20 - 8.

Die uitslae van die ander spanne is: O/15B: KHS 19 – PHS 5, O/16B: KHS 8 – PHS 3, O/14B: gelykop 17 – 17, 4e Span: KHS 5 – PHS – 0, 3e Span: KHS 27 – PHS 10, 2e Span 12 – PHS 29.










KHS het ver gery en die langpad terug lê nog voor!







Johan Meyer druk die 1e span se eerste drie!











Jannie Schoevers, 1ste span stut laat loop!











Jacques Swanepoel













Hubert de Haas











Herman Smit








FC Brooks, Norman J v Rensburg, Renier Ferreira, Theuns-Bruce Smith

Andre Esterhuizen laat loop met die bal en Pieter Knoetze ondersteun

KHS'ers na SA atletiek


KHS se top-spiesgooier, Tazmin Brits , het verlede naweek by die Senior SA’s haar stempel deeglik op die atletiekwêreld afgedruk toe sy in die tweede plek na die veel meer ervare Sunette Viljoen geëindig het. Brits se afstand, wat aan haar die silwer medalje besorg het, was 53,44m.

Benewens Brits het nog ses KHS’ers by die Noordwes Provinsiale kampioenskappe in Potchefstroom gekwalifiseer vir die SA’s toe hulle as
kampioene gekroon is.





Marion-Ann Duvenhage verwerf twee goue medaljes vir haar eerste plekke in 400m Hekkies en 100m Hekkies.


Ook Sharon Pattinson kry twee goues nadat sy die 100m en 200m wen.
Die ander Noordwes kampioene is Andrea Strauss (400m Hekkies), Sarel Prinsloo (Hoogspring), Steyn Kriel (Spiesgooi) en Ettienne Grobler (Hamergooi).

Nog twee KHS’ers ontvang silwer medaljes, nl. Japie Olivier (Hamergooi) en Nico van Rensburg (Spiesgooi). Hellouise Erasmus was vierde en Jacques Smit vyfde.

Die SA’s vind op 6-7 April in Durban plaas.

Wednesday, March 18, 2009

WOW! Matriek uitslae

WOW!

Die 2008-klas verwerf 260 A’s

KHS behaal die meeste onderskeidings in die KOSH in Fisiese Wetenskappe met 9 onderskeidings (‘n gemiddeld van 63%)

Agtien leerlinge het A’s vir Wiskunde

In Lewenswetenskappe behaal KHS’ers ‘n gemiddeld van 63,2%

Agt leerlinge behaal A’s in IT en die groep se gemiddeld is 70 %

Die gemiddeld vir Afrikaans Huistaal is 67,1%

Geografie-leerlinge verwerf gemiddeld 60,6%

Toerisme-gemiddeld 74,4%

Gr. 8 Kamp





Op Vrydag 16 Januarie het Hoërskool Klerksdorp se graad agt-kamp talle nuwe leerlinge propvol energie gehad en die VLR-lede is net so opgewonde. Die kamp, vanaf Vrydagmiddag tot Saterdagoggend, het aan alle graad agt-leerders die geleentheid gegee om in die skoolsaal te slaap en die program het gesorg vir meer as genoeg pret.

Na ’n middag se baljaar in die swembad moes die jong slange koppe bymekaarsit om ’n perdekar te bou. ’n Skattejag het elkeen ook meer geleer oor kHS se trotse geskiedenis, waarna daar ook ’n slangtoets afgelê is. Die talentaand het dan VLR-lede ure se vermaak verskaf. Na dié suksesvolle naweek pomp daar blou bloed deur elke grad agt leerder se are en word hul elkeen verwelkom as deel van die blou golf!