Nie eers 'n verwoestende brand kon die geesdrif en opwinding van die talent-aand demp nie!
KHS'ers kan sing, dans, musiek maak en grappe vertel! Dit was moeilik om te glo dat al die items van een skool se leerders afkomstig is. Die aand was stylvol met Johan Ferreira en Mej. KHS, Christine Prinsloo as aanbieders. Christine het almal met haar sjarme betower en bewys dat sy beslis meer as net 'n mooi gesiggie is!
Die KHS senior band, wat hulself "Skoolsaal" noem het die aand geopen. Die band bestaan uit Dries van Onselen (kitaar en sang), Jaco Joubert (viool, kitaar en sang), Handre Visagie (akoestiese kitaar en sang), Clarise Coetzee (akoestiese kitaar en sang), Kobus Dippenaar (klavier), Marwileen van Zyl (tromme) en Millena Markovic (sang).
Hierdie talentvolle leerders het die gehoor behoorlik aan hul voete gehad met hulle vertolkings. Hulle musiek strek van Ierse rock, ligte klassiek tot pop-rock.
Die KHS junior band het ook opgetree. Die band maak beslis musiek wat die jonger geslag se voete laat juk! Die lede is Jamie en Jandre Mitchell (kitaar en sang), Gary Ollewagen (tromme) en Louis Swanepoel (sang).
Dit was ook talentvolle sangers se kans om hul oudisies vir die X-factor kompetisie te doen. Hulle het beslis geskitterm gedans en natuurlik gesing! Stil leerders het behoorlik as divas ontpop! Die hele musiekspektrum is verteenwoordig, Afrikaanse musiek, Rock musiek, daar was iets vir almal se smaak. Die beoordelaars het beslis 'n moeilike taak gehad!
Japie Olivier het almal laat lê van die lag met sy weergawe van 'n storie van Tolla van der Merwe. Tussendeur het dansers die gehoor na hul asems laat snak. Die I-Dance dansskool het 'n lewendige vertoning gelewer. Sune Reynecke het gewys hoekom sy SA kleure in dans het en Carjolien Botha het 'n lewenige Hip-Hop vertoning gelewer.
Die gehoor het geklap, geskree en elke deelnemer is met luide applous aangemoedig, KHSers is 'n puik gehoor wat dit vir elke deelnemer die moeite werd maak om op die verhoog te staan.
Aan die einde van die aand het die plaaslike Klerksdorp band, 4Q, die gehoor verder op hul voete gehad. Hierdie is voorwaar 'n band wat dopgehou moet word en wat nog diep spore in die land se musiekbedryf gaan trap!
Uiteindelik was dit tyd om die finaliste van die X-factor bekend te maak. KHS sê baie geluk aan Ricky Tevan (gr 11). Ricky het 'n roerende vertolking gelewer van "Sally Willams Nougat". Die tweede finalis is Trudie Kritzinger (gr10). Trudie het die gehoor betower met haar vertolking van "Jeolousy". Sterkte, KHS staan agter julle!
Dit was 'n sielvolle aand wat almal se batterye gelaai het vir die kwartaal. Dit was 'n aand vir die leerders van die leerders. 'n Deel van die inkomste van die aand word geskenk vir die Seunskoshuis se brandfonds. Ons doen beroep op almal wat hierdie berig lees om iets te skenk vir die noodfonds,
(Rekeningnaam: Hoërskool Klerksdorp Seunskoshuis Hulpfonds
Rekeningnr: 407 139 8903
Takkode: 632 005
Tjekrekening,ABSA Bank)
Saturday, April 19, 2008
Friday, April 18, 2008
KOSHUIS BRAND AF
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
.jpg)
OUDSTE SKOOLKOSHUIS BRAND AF
“Daar kan kwalik ‘n slegter ding met jou gebeur as om twee-uur in die oggend wakker gebel te word met die boodskap dat jou skool se koshuis afbrand – terwyl jy weet dat meer as honderd mense – die meeste kinders – almal rustig in hul beddens moet lê en slaap nie,” som Eddie Bateman, hoof van Hoërskool Klerksdorp, sy ontsteltenis op toe hy moes verneem dat die skool se seunskoshuis Dinsdagoggend aan die brand is.
Minute later het hy radeloos rondgehardloop om seker te maak almal is veilig en na “vermiste” personeel te soek wie se woonstel gesluit is en hulle nie gekontak kon word nie. Hy was al op pad om ‘n byl te gaal haal toe die vermistes opgespoor is. Intussen het die vlamme soos weerlig deur die stof op die ou balke gehardloop en is slegs gestuit deur die stukkie plat dak van die gangetjie wat die ou en nuwe vleuel van die koshuis van mekaar skei.
Die koshuis, Huis Piet de Villiers, is die oudste skoolkoshuis in die stad en is in 1938 gebou. Die inwoners vier vanjaar hul geliefde Pieta se sewentigste verjaardag. Die oorsaak van die brand, wat in die kombuis ontstaan het, word nog forensies ondersoek, maar dit is duidelik dat groot strukturele skade deur die brand aangerig is.
“Die skool is net innig dankbaar dat al die inwoners ongeskonde uit die vlamme ontsnap het en dat selfs nie eens van die personeel se troeteldiere seergekry het nie. Die skade is egter geweldig groot. Ten minste drie van die personeelwoonstelle is totaal verwoes, een daarvan dié van die skool se kunsonderwyser, Herman Harmzen, wat van sy beste werke in die vlamme moes sien opgaan saam met ‘n peperduur kamera en selfs sy tandeborsel. Hy, en ook van die ander personeel, het net oor wat aan hul lyf was. Ook talle van die kinders het alles verloor: skoolklere, sporttoerusting, rekenaars, skooltasse met boeke, beddegoed, alles,” sê Bateman. Die skool se Suid-Afrikaanse spiesgooikampioen Tazmin Brits se spiese waarmee sy die naweek aan die SA’s sou deelneem, het ook in die slag gebly.
Omdat beide die skool se koshuise van dieselfde kombuis gebruik maak, is die krisis dubbel so groot en het die KHS Beheerliggaam ‘n noodfonds gestig
(Rekeningnaam: Hoërskool Klerksdorp Seunskoshuis Hulpfonds
Rekeningnr: 407 139 8903
Takkode: 632 005
Tjekrekening.
ABSA Bank), want nie alleen moet die slagoffers gehelp word en in hul noodsaaklikste behoeftes voorsien word nie, maar die skool se twee koshuise moet steeds daagliks bedryf word terwyl die kwartaal se kosvoorraad en eetgerei in die slag gebly het. Dan sal daar so vinnig moontlik met ‘n herbou-proses begin moet word.
“Ons is oneindig dankbaar, eerstens teenoor ons Hemelse Vader wat sy Hand oor ons kinders en personeel gehou het en tweedens teenoor die gemeenskap wat help waar hulle kan, maar ons praat van miljoene rande se skade” sê mnr. Bateman.
Die brand is ontdek deur twee Polisielede wat toevallig die rook gesien het en ondersoek ingestel het. Met die polisiesirene van die patroliemotor het Kaptein Pieters en Konstabel Morgan die slapende koshuis van ‘n groot ramp gered. “Hulle is ons helde!”
‘n Span beraders het van Donderdag af leerlinge by die skool bygestaan om die trauma van die brand te verwerk.
Thursday, February 21, 2008
Krieketspeler Shermin in elite oefengroep.
Nog rekords vir KHS se spiesgooiers
KHS se atletiekspan het Vrydag sy voorbereiding vir die Inter afgesluit by 'n byeenkoms by die Universiteit van Johannesburg met 31 eerste plekke en vyf rekords.
Tazmin Brits m/17 was op haar heel beste toe sy die spies 56.76 meter ver gegooi het vir 'n persoonlike beste en 'n rekord.
Nog rekords pryk agter die name van Marion-Ann Duvenhage (m/16) wat die 400m hekkies in 63.00 sekondes voltooi het, Sarel Prinsloo wat die hoogspring s/15 met 'n skitterende sprong van 1.83 meter gewen het en
Bernidéll Senekal (m/19) wat die gewig 12.44 meter ver geslinger het. Nog 'n spiesgooier, Steyn Kriel (s/17) verbeter die rekord met 'n poging van 59.62 meter.
KHS het teen ses spanne van skole in Gauteng deelgeneem en het benewens die 31 wenners ook 29 naaswenners opgelewer.
Krieket - Herman en 0/15's doen dit weer
KHS se o/15-krieketspan het nog 'n oorwinning op hul kerfstok nadat hulle Saterdag 9 Februarie met Hoërskool Kempton Park afgereken het in die Super Ses-krieketliga.
Kempton kolf eerste en word in die 31ste beurt vir 82 lopies uitgeboul.
KHS se bobaas-bouler, Herman Smith, neem vir die soveelste keer vier paaltjies in 'n wedstryd. Hy boul vir 7 beurte en staan net 18 lopies af. Hy was ook die beste kolwer.
KHS teken die wenlopies in hul 20ste kolfbeurt aan met slegs 5 paaltjies af en wen dus die wedstryd met 5 paaltjies.

KHS’er Nieuwoudt swem 'n barshou!
Nieuwoudt Engelbrecht, 'n graad 11-leerling, van KHS, het die naweek (1 en 2 Februarie) by die SA Skole se swem-uitdunne vier goue medaljes en vier silwer verower.
Hy verwerf goud in die 200m, 100m en 50 m borsslag asook die 200 m vryslag. Sy vier silwer medaljes is vir die 200m wisselslag, 100 m rugslag en 100m en 200 m vryslag.
KHS-ONNIES – REKORDHOUERS!
.jpg)
Vier rekords tussen twee KHS-onnies – is dit 'n rekord?
Twee KHS-onderwysers, Liesl Faul (gebore Stonestreet) en Johan Vosloo het voor die inter van die naweek nog drie rekords agter hul name. Liesl hou steeds die 400 meter Hekkies-rekord wat sy in 2001 in die afdeling m/19 opgestel het. Toe het sy die nommer 65.6 sekondes voltooi.
Johan hou steeds drie rekords, twee as gewigstoter en een as spiesgooier. In 1991 wen hy die s/14 gewigstoot met 'n afstand van 15.19 meter en die volgende jaar ook die s/15-nommer met 'n afstand van 17.47 meter. Later spits hy hom op spiesgooi toe en sy rekord van 1995 staan steeds: s/19 spiesgooi met 'n afstand van 66.44 meter.
Albei van hulle is afrigters by KHS en dit is nie 'n geheim dat hulle steeds meesters van hul talent is nie, want Liesl rig hekkies en landloop af en Johan spits hom toe op die worpe.
INTER-UITSLAE 2008
(Volgens amptelike uitslag ontvang van Hoërskool Schoonspruit)
Meisies
.JPG)
Nicole du Plessis brons 80m Hekkies en 200 m Hekkies; Annuscka Lourens brons Spiesgooi;
Suné Senekal brons 400m; Karissa Snyman brons Verspring; Mattie van Onselen brons Diskusgooi; Bernadine van Vuuren goud Spiesgooi & Gewigstoot, brons vir Diskusgooi; N van Zyl brons 200m; Maresa Heymel silwer Diskusgooi; Michelle Lotz silwer Hoogspring;
.JPG)
Marietjie Nel goud 200m, 90m Hekkies en 300m Hekkies; Rizaan Olivier silwer 800m en 3000m en brons 1500m; Lelani Paasch goud Spiesgooi en brons Hoogspring; Veronique Scheepers silwer Gewigstoot; Jana Snyman goud Verspring; Elandi Styger brons 100m, 200m en Verspring; A Coetzee brons Hoogspring; D Fourie goud Gewigstoot en silwer Hamergooi; Sonique Fourie goud 800m, 1500m en 3000m; Doné Muller silwer Diskusgooi en brons Hamergooi; Helisna Steenkamp silwer Hoogspring; A van Wyk silwer 800m en brons 400m en 1500m; Karleché Assor silwer Driesprong; Tazmin Brits goud Spiesgooi met 'n puik 54.35m (1200 punte) en Gewigstoot en Diskusgooi silwer; Yuvancke de Korte brons Hoogspring;
.JPG)
Marion-Ann Duvenhage goud 200m, 100m Hekkies en 400m Hekkies ( kwalifiseer vir die Wêreld-Jeugspele); Hellouise Erasmus silwer 800m, 1500m en 3000m; Elmarie Jooste brons 100m Hekkies; Trudie Kritzinger brons 5 km Stap; Schani Moore goud Verspring, silwer Driesprong; Sharon Pattinson goud 100m en 400m en silwer 200m; Michelle Pieterse silwer 200m; Phillana le Roux goud 400m Hekkies, silwer 100m Hekkies en 200m; Chané Muller goud 5 km Stap; Bianca Naudé goud Hamergooi en silwer Gewigstoot; C Niemand brons 800m; Michelle Pieterse brons Hoogspring; M Pretorius silwer 2000m Hindernis; Christine Prinsloo goud 800 m en silwer 1500m; Bernidéll Senekal goud Spiesgooi, Diskusgooi en Gewigstoot; Anri Snyman brons 5 km Stap; Susan Strauss goud 2000m Hindernis
Erné van Niekerk brons 2000m Hindernis; Tamrin Veldsman goud 100m, silwer 200m en brons 100m Hekkies en Anneri Weyers silwer Hoogspring.
Seuns
.JPG)
Ernie Benson brons Gewigstoot en Hamergooi; JP de Jongh brons 1500m en 3 km Stap; Reinher de Meyer silwer 200m; André Esterhuizen silwer 90m Hekkies; Ettienne Grobler silwer Hamergooi; Nico J van Rensburg brons Spiesgooi; Sias Koen goud Gewigstoot en Diskusgooi en silwer Hamergooi; Jonathan Nebe brons Hoogspring; Jacques Smit goud 1500m en silwer 800m; Anthony Alberts brons Gewigstoot en Hamergooi; Dennis Botha silwer Hoogspring; Theuns Bruce-Smith goud Hamergooi; Frans de Bruyn goud Spiesgooi en Diskusgooi; Hubert de Haas silwer 200m; Lennox de Water goud Driesprong en brons Verspring; Frikkie Delmas silwer 3 km Stap; Gerald Godfrey goud 3000m; Adriaan J van Rensburg goud Gewigstoot, silwer Diskusgooi en brons Spiesgooi;
.JPG)
Sarel Prinsloo goud Hoogspring en silwer 400m; Steven Robberts silwer 100m Hekkies, 300m Hekkies en Verspring; Wayne Smith silwer Spiesgooi; Anton Ackerman silwer Gewigstoot; Charles du Plessis goud Hoogspring; C du Toit silwer 800m, 1500m en 3000m; Devan du Toit brons Verspring; Marco Koekemoer goud 400m en 800m; Renier Koekemoer goud 3000m en 1500m; Gert Muller brons Gewigstoot; Gary Ollewagen goud 200m en brons 100m; Dawie Ollewagen goud Hamergooi; Vernon Prinsloo silwer Spiesgooi; Lommie van Niekerk brons 400m; Louis van Zyl brons Hoogspring; Morné Bekker goud Driesprong en Verspring; Herbert Boyce brons 10 km Stap; Johndré Denner silwer 400m Hekkies en brons 100m; Renier Koekemoer silwer 2000m Hindernis; Steyn Kriel goud Spiesgooi; Johan Meyer brons 200m; Japie Olivier silwer Hamergooi en Gewigstoot en brons Diskusgooi; Edmund Pieterson brons 110m Hekkies; Jacques Pitts brons Hoogspring; Jannie Schoevers brons Hamergooi; Marnus Senekal goud Hamergooi; Victor Seokolo silwer 110m Hekkies en brons 800m en 400m Hekkies; Denys Snyman goud 100m en silwer 200m; Jaco Theron silwer 3000m; Jannie van Wyk goud Diskusgooi; Nicolaas Wilkens brons Spiesgooi; Hein Human silwer Gewigstoot en brons Hamergooi; PE Kotze brons 110m Hekkies en 400m Hekkies; Elmar le Grange silwer 3000m Hindernis; Abraham Maree brons Hoogspring; Junior Marx silwer 1500m en brons 3000m; Arno Nel silwer 110m Hekkies; Pieter-Jan Pienaar goud Diskusgooi en Michael Probert silwer 10km Stap.
Die volgende KHS’ers word as Top Presteerders aangewys:
S/16 Baan - Gary Ollewagen
M/16 Baan - Sonique Fourie
M/17 Baan - Marion-Ann Duvenhage
M/17 Veld - Tazmin Brits
M/19 Veld - Bernidéll Senekal
.jpg)
Junior Victix Ludorum Marietjie Nel
Senior Victix Ludorum Tazmin Brits
.jpg)
Beste Meisiesdirigent – Marice van Onselen
KHS: INTER-HOOGTEPUNTE
Marietjie Nel m/15 wen 3 goue medaljes: 200m, 90m Hekkies, 300m Hekkies
Sonique Fourie m/16 wen 3 goue medaljes: 800m, 1500m en 3000m
Marion-Ann Duvenhare m/17 wen 3 goue medaljes: 200m, 100m Hekkies en 400 m Hekkies wat sy in 62.10s wen en 833 punte kry.
Bernidéll Senekal m/19 wen 3 goue medaljes: Gewigstoot, Diskusgooi en Spiesgooi.
Tazmin Brits m/17 wen die Spiesgooi met 54.35m en verwerf so 1200 pinte.
Die volgende KHS’ers word as toppresteerders aangewys:
o o S/16 Baan - Gary Ollewagen
o o M/16 Baan - Sonique Fourie
o o M/17 Baan - Marion-Ann Duvenhage
o o M/17 Veld - Tazmin Brits
o o M/19 Veld - Bernidéll Senekal
Junior Victrix Ludorum – Marietjie Nel
Senior Victrix Ludorum Tazmin Brits
Beste Meisiesdirigent – Marice van Onselen
Rekords verbeter:
Marietjie Nel m/15 300m Hekkies in 46.00s
Marion-ann Duvenhage m/17 400m Hekkies in 62.10s
Tazmin Brits m/17 Spiesgooi met 54.35 meter
Denys Snyman s/17 100m in 10.80s
Schani Moore m/17 Diskusgooi
Hellouise Erasmus m/17 en Steven Robberts s/15 het al drie met hul tweede plekke ook beter as die bestaande rekord gevaar.
KHS verwerf 54 goue, 53 silwer en 56 brons medaljes vir 'n totaal van 163

KHS Redenaars doen dit GROOT!
Met 'n rekordgetal van 84 inskrywings het KHS se redenaars hul sê behoorlik gesê!
Dié kompetisie word jaarliks gehou met die oog op die ATKV-kompetisies, maar vanjaar het die storie nog 'n heerlike stertjie bygekry: die Radikale Redenaarsfees wat in Mei vanjaar by KHS aangebied word.
Die kompetisie is 'n geleentheid vir alle redenaars om weer deel te neem, aangesien slegs 'n handvol aan die ATKV-kompetisie kan deelneem. KHS is baie opgewonde oor die RRF-kompetisie. Enige onderwerp kan beredeneer word, toesprake kan deels Engels en Afrikaans wees, 'n span van 4 redenaars kan inskryf en slegs skryfkuns word beoordeel. Alle plaaslike skole kan inskryf vir die RRF-kompetisie.
Die wenners was:
Graad 8 Graad 9
1. Yvette Pitts 1. Rizaan Olivier
2. J.G. de Kock 2. Helette Claassens
3. Venita Steyn 3. Alricia Botha
Graad 10 Graad 11
1. Trudie Kritzinger 1. Tiaan Visser
2. Jacobus Kritzinger 2. Eldie Oosthuizen
2. Drikus Conradie 3. Carol-Ann Phyfer
3. Meliske Becker
Graad 12
1. Johan Ferreira
2. Ulricke Becker
3. Elizna Steyn

Wednesday, February 6, 2008
Akademiese Prysuitdeling 2008
Johan Ferreira, KHS se dux-leerling in graad 11, het Donderdag aand 24 Januarie by die skool se jaarlikse Akademiese Prysuitdeling sommer dubbele Akademiese Erekleure verwerf toe hy ook bekroon is vir sy studies aan die Interlochen Kunste-akademie in Michigan, Amerika, waar hy as een van drie erestudente aangewys is uit 'n groep van meer as 2500 studente.
Johan het 'n pragtige trofee van die skool ontvang, ontwerp en gemaak deur die skool se kunstenaar-houwerkonderwyser, mnr. Gert Venter.
Johan, wat tans in Graad 12 is, het sy graad 11-jaar geslaag met n gemiddeld van 88.8%. Jaco Joubert (87.1%) was tweede op die Top Tien en Karien Steyn derde met n gemiddeld van 86.5%.
Nog leerlinge wat spesiale kleure ontvang het, is Jan-Harm Steenkamp wat vir die tweede agtereenvolgende jaar goud verwerf het by die Nasionale Ekspo vir Jong Wetenskaplikes, Lourens Linde, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar die nasionale wenner is van die afdeling Spotprente byd ie Afrikaanse Ekspo en Dirk van Staden en Michelle Pieterse wat uit 2400 leerlinge as naaswenners aangewys is in die Nasionale Toerismekompetisie met 'n totaal van 196 uit 'n moontlike 200 punte.
By 2007 se graad tiens was Eldie Oosthuizen die toppresteerder met 91.9%, gevolg die Chané Verhoven (91.0% en Katinka Steyn (90.7%. Trudie Kritzinger (92.6%) is Nommer een by 2007 se graad neges met Annemie van Wyk (90.8%) em Trudie se tweelingbroer Jacobus (90.0%) op haar hakke. By die graad agts was die toppresteerder Alricia Botha (96.3), gevolg deur Sonique Fourie (94.4%, en Mariska Wepener (93.6%)
Altesaam 232 KHS’ers het akademiese toekennings ontvang met nog 'n dertigtal wat spesiale toekennings ontvang het vir olimpiasdes en ekspos.
.jpg)
Dux leerling graad 10 Eldie Ooshuizen
.jpg)
Top Tien leerlinge graad 11
Dirk van Staden; Tamrin Veldsman; Lené van Rooyen; Hendré Swart; Marizelle Moolman; Elizna Steyn; Jaco Joubert; Retha Peach; Johan Ferreira; Karien Steyn.
.jpg)
Dux leerling gr 11 Johan Ferreira
.jpg)
Dux leerling graad 8 Alricia Botha
.jpg)
Top tien leerlinge graad 9
Esme J van Vuuren; Jacobus Kritzinger: Franziska van der Hoff; Trudie Kritziner; Chizelle Steyn; Madelein v Rensburg; Michelle J van Vuuren; Ida Linde; Shelaine Botha; Annemie van Wyk
.jpg)
Dux leerling graad 9 Trudie Kritzinger
.jpg)
Top Tien leerlinge graad 8
Shirene Pretorius; Riaan v/d Merwe; Elandi Styger; Heilette Claassens; Rizaan Olivier; Herman Smith; Mariska Wepener; Adriaan J v Rensburg; Alricia Botha; Sonique Fourie
.jpg)
Top Tien leerlinge graad 10
Carjolien Botha; Nardus vanEyk; Katinka Steyn; S.J. Niemand; Marwileen van Zyl; Anika v/d Linde; Coenraad Claassens; Jannes Venter; Eldie Oosthuizen

46 Eerste plekke vir KHS by Koster
Jacques Smit o/14 wat hier gemaklik die 800 m gewen het.
Shani Moore wen die driesprong met n sprong van 10,84 meter
.jpg)
Met altesaam 46 eerste plekke kan KHS se atletiekspan baie tevrede voel met hul vertoning by die vriendskaplike byeenkoms Vrydag 25 Januarie 2008 by Koster waar elf skole deelgeneem het.
Hoewel die grasbaan baie swaar was na die deurdringende reën tot Donderdag het Gary Ollewagen (s/15) hom nie laat stuit nie en in sowel die 100m as 200m puik oorwinnings aangeteken met punte bo 800. Eweneens het Denys Snyman twee skitterende naellope gehardloop en sowel die 100 m as die 200 m ook met meer as 800 punte gewen.
Hellouise Erasmus wen die 800 m gemaklik met Maretha Pieter ook van KHS in die tweede plek. Voorts het Hellouise Erasmus drie eerste plekke verower toe sy die 800 m, 1500 m en 3000 m gewen het. In die 3 000 m verbeter sy die bestaande rekord met 14 sekondes. Sy hardloop die wedloop in 11 minute 14 sekondes af.
VICTRIX VIR KHS BY MENLOPARK
KHS se Marion-Ann Duvenhage is die afgelope naweek (2 Februarie) gekroon as beste meisies hekkiesatleet en Senior Victrix Ludorum by die Menlopark-byeenkoms waaraan 8 skole deelgeneem het.
Marion-Ann het albei haar hekkies-items gewen (100 m Hekkies en 400 m Hekkies) en vir die een 925 punte op die ABSA-tabel verwerf.
Bernadene van Vuuren (m/14) is aangewys as die beste meisies spiesgooier.
Ander atlete wat eerste plekke verwerf het is: Wayne Smith (spiesgooi); Anneri Weyers (hoogspring); Jacques Pitts (hoogspring); Sias Koen (gewigstoot); Bernidéll Senekal (skyfwerp); Shannon Hinrichsen (skryfwerp); Gary Ollewagen (200 meter); Marrietjie Nel (300 meter hekkies); Andrea Strauss (400 meter hekkies) en Tammy Veldsman wat sowel die 100 meter hekkies as die 200 meter gewen het.
Tazmin Brits het Saterdag aan die Geel Bladsye-byeenkoms op Potchefstroom deelgeneem en die spies trek al amper weer by die 54 meter.
Groentjieskonsert 2008!
Talentvolle KHS-groentjies is tuis op die verhoog
(Datum van konsert 31 Januarie gehou in die skoolsaal van KHS)
.jpg)
So moet 'n haas mos lyk!
v.l.n.r: San-marie Keyser, Annuscha Lourens, Chiree Jacobs en Bianca van Rensburg neem hul rolle bááie ernstig op by KHS se groentjieskonsert.
.jpg)
Nicole du Plessis is KHS se smeulende sangeres met Damian Conradie as sangmaat.
.jpg)
Benji Botha (met die mikrofoon) is die voorsanger en agter hom sing Nico J. v Rensburg, René Wagner, Nico de Klerk, Bernadine J van Vuuren, Jacques Smit en Esmarie Swart lustig mee. Voor hom staan Sherley van Dyk en Zarco Geldenhuys. Wat sing hulle? De la Rey, natuurlik!
.jpg)
Bugs Bunny (Shane de Beer) knaag lustig aan 'n vars geelwortel by die groentjieskonsert.
.jpg)
Romeo Ettienne Grobler treur oor sy “afgestorwe” Juliet by KHS se groentjieskonsert.
.jpg)
“Dokter” Tiaan du Preez se diagnose is in die kol by KHS se groentjieskonsert op 31 Januarie.

Krieket gelykop teen Waterkloof!
'n Gelykop uitslag in krieket is nie onmoontlik nie, maar ook nie alledaags nie - en dis presies wat Saterdag 26 Januarie gebeur het toe KHS se o/15's en Waterkloof teen mekaar te staan gekom het.
KHS, wat die loot gewen het en Waterkloof eerste laat kof het, haal hul opponente uit vir 124 lopies in die 32ste beurt. In hul kolfbeurt slaan KHS ook 123 met een lopie kort en een paaltjie staande en net daar word die span uitgeboul om 'n gelykop uitslag te beklink!
KHS se beste boulers was Herman Smith (foto) wat 4 paaltjies neem in 7 boulbeurte en Ryno Pienaar 2. Die beste kolwer is eweneens Herman met 27 lopies.
KHS se vorige rondte in di eSuper Ses het voorspoediger verloop toe die o/15's op Saterdag 19 Januarie teen Hoërskool Pietersburg op Pietersburg gespeel het en die wedstryd met 19 lopies gewen het.
Hier het Herman Smith as bouler uitgeblink toe hy vyf van sy opponente se paaltjies inoes.
KHS, wat die loot gewen het en Waterkloof eerste laat kof het, haal hul opponente uit vir 124 lopies in die 32ste beurt. In hul kolfbeurt slaan KHS ook 123 met een lopie kort en een paaltjie staande en net daar word die span uitgeboul om 'n gelykop uitslag te beklink!
KHS se beste boulers was Herman Smith (foto) wat 4 paaltjies neem in 7 boulbeurte en Ryno Pienaar 2. Die beste kolwer is eweneens Herman met 27 lopies.
KHS se vorige rondte in di eSuper Ses het voorspoediger verloop toe die o/15's op Saterdag 19 Januarie teen Hoërskool Pietersburg op Pietersburg gespeel het en die wedstryd met 19 lopies gewen het.
.jpg)
Friday, January 11, 2008
Geluk Matrieks!
7 Onderskeidings
Inamarie du Preez
Afrikaans HG
Engels HG
Wiskunde HG
Natuur- en Skeikunde HG
Biologie HG
Landbouwetenskap HG
Rekenaartik SG
6 Onderskeidings

Simoné Smith
Afrikaans HG
Engels HG
Wiskunde SG
Natuur- en Skeikunde HG
Biologie HG
Rekeningkunde HG
Rekaartik SG
5 Onderskeidings

Petro Bester
Afrikaans HG
Engels HG
Biologie HG
Ekonomie HG
Musiek HG

Tamara Pottas
Afrikaans HG
Engels HG
Rekeningkunde HG
Bedryfsekonomie HG
Wiskunde HG
Natuur- en Skeikunde HG
4 Onderskeidings

Rozanne Botha
Afrikaans HG
Engels HG
Musiek HG
Musiekvoordrag

Rialet Swanepoel
Afrikaans HG
Engels HG
Biologie HG
Rekeningkunde HG
3 Onderskeidings
Liesl van Aswegen
Afrikaans Hg
Ekonomie HG
Rekenaarstudie SG
Izak van Heerden
Afrikaans HG
Rekenaarstudie HG
Aardrykskunde HG

Danye Viviers
Engels HG
Biologie SG
Kuns HG
Melody Viviers
Afrikaans HG
Bedryfsekonomie HG
Handelsreg SG
--------------------------------------------------------------------------------
No virus found in this incoming message.
Checked by AVG Free Edition.
Version: 7.5.516 / Virus Database: 269.17.13/1213 - Release Date: 1/7/2008 9:14 AM

Tazmin Presteer by Engen
Spiesgooier Tazmin Brits van KHS se visier is steeds ingestel op (wie weet?) die Olimpiese Spele!
Tazmin het gedurende die Desember-vakansie aan die Engen-byeenkoms in Belville deelgeneem en in die dames ope afdeling die goue medalje verower. Sy het die spies 50.58 meter ver laat trek en haar naaste teëstander met 'n hele 10 meter uitgestof. Tazmin is tans die Jeug-wêreldkampioen in spiesgooi.

Subscribe to:
Posts (Atom)