Wednesday, February 6, 2008

VICTRIX VIR KHS BY MENLOPARK


KHS se Marion-Ann Duvenhage is die afgelope naweek (2 Februarie) gekroon as beste meisies hekkiesatleet en Senior Victrix Ludorum by die Menlopark-byeenkoms waaraan 8 skole deelgeneem het.
Marion-Ann het albei haar hekkies-items gewen (100 m Hekkies en 400 m Hekkies) en vir die een 925 punte op die ABSA-tabel verwerf.

Bernadene van Vuuren (m/14) is aangewys as die beste meisies spiesgooier.

Ander atlete wat eerste plekke verwerf het is: Wayne Smith (spiesgooi); Anneri Weyers (hoogspring); Jacques Pitts (hoogspring); Sias Koen (gewigstoot); Bernidéll Senekal (skyfwerp); Shannon Hinrichsen (skryfwerp); Gary Ollewagen (200 meter); Marrietjie Nel (300 meter hekkies); Andrea Strauss (400 meter hekkies) en Tammy Veldsman wat sowel die 100 meter hekkies as die 200 meter gewen het.

Tazmin Brits het Saterdag aan die Geel Bladsye-byeenkoms op Potchefstroom deelgeneem en die spies trek al amper weer by die 54 meter.