Thursday, February 21, 2008

KHS-ONNIES – REKORDHOUERS!




Vier rekords tussen twee KHS-onnies – is dit 'n rekord?

Twee KHS-onderwysers, Liesl Faul (gebore Stonestreet) en Johan Vosloo het voor die inter van die naweek nog drie rekords agter hul name. Liesl hou steeds die 400 meter Hekkies-rekord wat sy in 2001 in die afdeling m/19 opgestel het. Toe het sy die nommer 65.6 sekondes voltooi.

Johan hou steeds drie rekords, twee as gewigstoter en een as spiesgooier. In 1991 wen hy die s/14 gewigstoot met 'n afstand van 15.19 meter en die volgende jaar ook die s/15-nommer met 'n afstand van 17.47 meter. Later spits hy hom op spiesgooi toe en sy rekord van 1995 staan steeds: s/19 spiesgooi met 'n afstand van 66.44 meter.

Albei van hulle is afrigters by KHS en dit is nie 'n geheim dat hulle steeds meesters van hul talent is nie, want Liesl rig hekkies en landloop af en Johan spits hom toe op die worpe.