Friday, January 11, 2008

Tazmin Presteer by Engen

Spiesgooier Tazmin Brits van KHS se visier is steeds ingestel op (wie weet?) die Olimpiese Spele!

Tazmin het gedurende die Desember-vakansie aan die Engen-byeenkoms in Belville deelgeneem en in die dames ope afdeling die goue medalje verower. Sy het die spies 50.58 meter ver laat trek en haar naaste teëstander met 'n hele 10 meter uitgestof. Tazmin is tans die Jeug-wêreldkampioen in spiesgooi.