Wednesday, February 6, 2008

46 Eerste plekke vir KHS by Koster


Jacques Smit o/14 wat hier gemaklik die 800 m gewen het.











Shani Moore wen die driesprong met n sprong van 10,84 meter









Bernidéll Senekal wen die Gewigstoot m/19 met n afstand van 11,80 meter. Sy wen ook die diskusgooi met 34.90 meter.


Met altesaam 46 eerste plekke kan KHS se atletiekspan baie tevrede voel met hul vertoning by die vriendskaplike byeenkoms Vrydag 25 Januarie 2008 by Koster waar elf skole deelgeneem het.

Hoewel die grasbaan baie swaar was na die deurdringende reën tot Donderdag het Gary Ollewagen (s/15) hom nie laat stuit nie en in sowel die 100m as 200m puik oorwinnings aangeteken met punte bo 800. Eweneens het Denys Snyman twee skitterende naellope gehardloop en sowel die 100 m as die 200 m ook met meer as 800 punte gewen.


Hellouise Erasmus wen die 800 m gemaklik met Maretha Pieter ook van KHS in die tweede plek. Voorts het Hellouise Erasmus drie eerste plekke verower toe sy die 800 m, 1500 m en 3000 m gewen het. In die 3 000 m verbeter sy die bestaande rekord met 14 sekondes. Sy hardloop die wedloop in 11 minute 14 sekondes af.