Thursday, February 21, 2008

KHS Redenaars doen dit GROOT!

Met 'n rekordgetal van 84 inskrywings het KHS se redenaars hul sê behoorlik gesê!

Dié kompetisie word jaarliks gehou met die oog op die ATKV-kompetisies, maar vanjaar het die storie nog 'n heerlike stertjie bygekry: die Radikale Redenaarsfees wat in Mei vanjaar by KHS aangebied word.

Die kompetisie is 'n geleentheid vir alle redenaars om weer deel te neem, aangesien slegs 'n handvol aan die ATKV-kompetisie kan deelneem. KHS is baie opgewonde oor die RRF-kompetisie. Enige onderwerp kan beredeneer word, toesprake kan deels Engels en Afrikaans wees, 'n span van 4 redenaars kan inskryf en slegs skryfkuns word beoordeel. Alle plaaslike skole kan inskryf vir die RRF-kompetisie.

Die wenners was:

Graad 8 Graad 9
1. Yvette Pitts 1. Rizaan Olivier
2. J.G. de Kock 2. Helette Claassens
3. Venita Steyn 3. Alricia Botha

Graad 10 Graad 11
1. Trudie Kritzinger 1. Tiaan Visser
2. Jacobus Kritzinger 2. Eldie Oosthuizen
2. Drikus Conradie 3. Carol-Ann Phyfer
3. Meliske Becker

Graad 12
1. Johan Ferreira
2. Ulricke Becker
3. Elizna Steyn