KHS se o/15-krieketspan het nog 'n oorwinning op hul kerfstok nadat hulle Saterdag 9 Februarie met Hoërskool Kempton Park afgereken het in die Super Ses-krieketliga.
Kempton kolf eerste en word in die 31ste beurt vir 82 lopies uitgeboul.
KHS se bobaas-bouler, Herman Smith, neem vir die soveelste keer vier paaltjies in 'n wedstryd. Hy boul vir 7 beurte en staan net 18 lopies af. Hy was ook die beste kolwer.
KHS teken die wenlopies in hul 20ste kolfbeurt aan met slegs 5 paaltjies af en wen dus die wedstryd met 5 paaltjies.