KHS se atletiekspan het Vrydag sy voorbereiding vir die Inter afgesluit by 'n byeenkoms by die Universiteit van Johannesburg met 31 eerste plekke en vyf rekords.
Tazmin Brits m/17 was op haar heel beste toe sy die spies 56.76 meter ver gegooi het vir 'n persoonlike beste en 'n rekord.
Nog rekords pryk agter die name van Marion-Ann Duvenhage (m/16) wat die 400m hekkies in 63.00 sekondes voltooi het, Sarel Prinsloo wat die hoogspring s/15 met 'n skitterende sprong van 1.83 meter gewen het en
Bernidéll Senekal (m/19) wat die gewig 12.44 meter ver geslinger het. Nog 'n spiesgooier, Steyn Kriel (s/17) verbeter die rekord met 'n poging van 59.62 meter.
KHS het teen ses spanne van skole in Gauteng deelgeneem en het benewens die 31 wenners ook 29 naaswenners opgelewer.