In die land van die blou golf is NETBAL vir 10 maande van die jaar 'n reuse werklikheid.
Dan word netbal GE-eet, GE-slaap, Ge-drink, GE-droom en GE-doen.
Duidelik is die sport nie vir die "meak and mild" nie.
Bietjie nuus rakende die 2007 seisoen:
SUPER 16
Die Poel bestaan in 2007 uit : KHS, Florida, HTS Vereeniging en Marais Viljoen.
In die poel wedstryde eindig ons as volg :
o/14 - EERSTE
o/15 - EERSTE
o/16 - DERDE
o/17 - TWEEDE
o/19 - TWEEDE
Na afloop van die finale het die uitslae as volg gelyk :
o/14 - AGTSTE
o/15 - SEWENDE
o/16 - NEGENDE
o/17 - DERDE
o/19 - AGTSTE
In totaal eindig die Netbal SEWENDE uit die 16 skole! Glad nie te "bad"nie ne!
Nou verskuif ons na die LIGA.
Klerksdorp het uit die hele Noordwes provinsie sekerlik die taaiste liga wat gespeel word.
Daarom maak dit die prestasie van spanne wat deurdring tot die Noordwes dag en noordvaal des te meer nog groter.
Ons skryf die jaar 12 spanne in die liga in.
UITSLAE lyk as volg :
6 van die 12 spanne wen die liga : o/14A, o/14B. o/14C, o/15A,o/16B, o/17.ssp
4 spanne eindig as naaswenners : o/15C, o/16A, o/19B, o/19C.
NOORDWES finale:
die o/14 A span eindig 4de
die o/15 A span eindig as naaswenners nadat hulle in 'n titaniese stryd met een doel verloor.
die o/16 A span eindig 3de
Al die die spanne dring deur tot die Noordvaal.
Hier vaar die o/15 baie goed en eindig 5/6 uit 16 spanne.
Tans is ons besig met die Aandreeks en vaar ons spanne baie goed.
Dinsdag 28 Augustus is die finale en sal ek jul beslis dan met meer nuus rakende die aandreeks kan trakteer.
Is jy nou moeg gelees?? ....... nou weet jy seker hoe hard werk elke netbalspeelster in KHS, .... maar moeg? Nooit! Hou hierdie spasie dop vir netbalnuus uit die dinamiese khs netbalwêreld.
Dit is hier waar kampioene gekweek word vir die toekoms.
KHS - HUIS VAN KAMPIOENE !!!
Vir enige navrae kontak my gerus : Merinda du Preez - 018 - 462 8423
NS : Ons NETBAL AKADEMIE open eersdaags weer - met 'n splinternuwe DOELSKOOL.
volgende keer meer daaroor.
Lekker oefen !!!
2007 - 08 - 29
Ek het belowe om die uitslae van die AANDREEKS op te sit en wat 'n voorreg is dit nie!HOEKOM?
KHS maak skoonskip op die aandreeks.
In die JUNIOR afdeling speel die o/14 span van Juf. Annatjie Smith teen Wesvalia en stap met die louere weg.
Indie SENIOR afdeling was dit "an all KHS affair". KHS se o/17 teen KHS se o/15&16 gekombineerde span. Die ou tannies moes al hul stops uittrek om die kleintjies te wen. Telling 11 - 9 vir die oues van dae. Maar wie gee om? KHS HET GEWEN!
Great girls! So sonder oefening maak julle toe amok. Ons is trots op julle!
Dankie aan 'n ongelooflike afrigterskorps - dit is 'n fees om saam met julle af te rig.
Spelers, ons rus nou vir so drie weke. Ons dink jul verdien dit sowaar.
Maar, wees gewaarsku - na die Oktober breek val ons weg met die NETBAL AKADEMIE.
Onthou - almal is welkom en geen spanverwante spele word gedoen nie. Hier word dan suiwer op vaardigheidswerk gekonsentreer. Die nuwe doelskool word dan ook in gebruik geneem, om sodoende ons doele nog beter voor te berei.
Nogmaals dankie vir 'n wonderlike 2007 KHS NETBAL DINAMIEK netbal seisoen.
Baie liefnis en groetnis
COACH