Tazmin Brits het pas teruggekeer van Ostrava waar sy wêreldkampioen status in die spiesgooi vir meisies bereik het. Sy is Mnr. Willem Geyer se tweede internasionale Atleet. Noël Meyer, 'n oud KHSer, het ook op skool die titel agter sy naam geskryf.
Andrea Strauss is 'n hekkies atleet van formaat. Sy was deel van die SA span wat Julie maand in Frankryk deelgeneem het. Daar was net 6 seuns en 6 meisies van Suid Afrika, maar 1400 atlete uit 14 lande. Sy het 4e gekom in die 300 hekkies en is beslis een van ons land se beste meisies hekkies atlete.
JP van der Schyff het in Australië in die Arufa spele eerste gekom in die seuns 0/19 hoogspring. Hy was ook al in 2005 na Marokko en 2006 na Griekeland. Hy is in die Green Squad opgeneem vir die 2008 Olimpiese Spele.
Mnr. Dirk Burger is Andrea en JP se afrigter. Hy is al 18 jaar betrokke by KHS atletiek en rugby. Hy het sy vlak 2 nasionale atletiek en vlak 3 nasionale rugby kursusse geslaag. Met sulke toegewyde personeel is dit ook geen wonder dat die KHSers internasionaal naam maak nie!