Gedink KHSers kan net sport doen? Dan wag hier, soos ons maar praat , 'n "vet surprise" op jou!
Hierdie tyd van die jaar skop die kultuur aktiwiteite ernstig in en dan spog al die Kultuur KHS'ers met dit waaraan hulle die heel jaar oefen.
Die Noordwes jeugorkes begin 3 Augustus met hul optredes. KHS het nie minder nie as 8 leerders in die orkes nie. Die instrumente wat hul bespeel is onder andere viool, oboe, klarinet en fagot. Ons spog met ondere andere die orkesleier (geluk Rozaan!) twee eerste vioolspelers, en drie tweede vioolspelers. Hierdie talentvolle leerders bespeel almal ten minste drie instrumente! Hou koerante dop vir optree datums. As jy Klerksdorp mis, die Potch Classics is een van die dae. Dankie Mev. Santjie Kritzinger vir die puik werk in die musiek klas!
Die leerders wat by die Zephros blaasorkes betrokke is, tree ook tans op. Ons sien uit om julle te hoor (en te sien) optree.
KHS is die enigste skool in die omgewing met sy eie ensemble. Hierdie leerders speel 'n groot verskeidenheid instrumente soos viool, klarinet, saksofoon en dwarsfluit. Elke Maandag word die musiekbegeiding in die skoolsaal deur die ensemble gedoen. Dit is 'n hoendervleis gevoel om in die saal in te stap met hierdie ensemble aan die speel.
KHS voer ook tans twee toneel stukke by die ATKV toneel kompetisie te Potchefstroom op. Die stukke is geskryf deur Mev. Susan vd Berg (regiseuse) en deur 'n oud-leerling. Van die leerlinge doen self die regie, beligting en klank. Die toneel is 'n moet om te sien. Mens kan nie glo hoe die stilste ou en meisie in die skool kan ontpop tot 'n akteur van formaat nie!
Die Revue leerders is besig met hul laaste afronding. Kalenka is 'n produksie wat nie misgeloop moet word nie. Die room van KHS se revue leerlinge neem hierdie jaar deel. Een groep leerders, 24 liedjies. Die voorskou wat ons reeds gesien het, het die voete laat jeuk! Maar vir die van julle wat van sulke pret hou, onthou, volgende jaar het ons weer ons massa revue waaraan die hele skool kan deelneem.
Johan Ferreira is steeds in Amerika waar hy gekeur is om 6 weke aan 'n elite musiekskool te studeer. Dit is sy laaste week en ons is baie opgewonde om te hoor watter nuwe talente hy daar ontwikkel het.
Dan wag ons nog op die uitslae van al die Ekspo's, Afrikaans, Wetenskap.. Ons weet nou al hoe ons leerders presteer het in die verlede en hou vir julle duim vas.
Die redenaars leerlinge is ook tans besig om voor te berei vir die ATKV kompetisies se finale rondte. Ons dink met heimwee terug aan verlede jaar toe Nthabiseng die ATKV redenaars daar in die verre Kaap gewen het! Sterkte aan al ons redenaars.