'n Nuwe kleur en geur van musiek, sang en dans in KHS.
Einde 2006 is die oudisies gedoen en 34 leerlinge - 17 seuns en 17 dogters het hul op 'n tog begewe saam met 'n nuwe regiseuse - Merinda du Preez. Die produksiespan - 10 maal erger as sy. Elke Dinsdag vanaf 6 - 9 word bloed gesweet en vind die rugby manne uit dat hierdie speletjie nie vir die softies gemaak is nie! Lift, draai, sing, squad en noem dit maar. Jannie Schoevers - stut van die befaamde o/16 span se woorde : " Na die revue gaan ek wraggies nog kan jink ook."
Japie Olivier - hoofman by die revue - "boerseuns leer nou nog finess ook by"
Die girls gooi daai lywe en rock soos min.
<><><><><><><><><><><<><><<><><<><><><><<><><><><><<><><><><<><>><><>><<>><><><<>><<>
Haai daar !
Laas toe ons gepraat het was die revue amper op die planke.
Graag bietjie terugvoering.
KALENKA was 'n reuse sukses. Soveel energie en wibe het min nog gesien.
Van Woensdag middag met die ouma en oupa vertoning tot Vrydag aan se GALA aand was een groot SUKSES.
Toe ons hoof - Mnr Bateman - Vrydag aand sy verskyning op die verhoog maak was hy sprakeloos - wat kon hy uitkry - whaau!! of so iets.
Na die tyd agter die gordyne is selfs 'n traan weggepik.
Dankie aan almal wat so onverpoost aan KALENKA gewerk het. Julle is van top gehalte.l
Aan die ouers - sonder julle was ons maar drenkelinge in die diep blou see. Julle was ware lewensredders met al die ondersteuning en liefde.
Lede - vir 'n beter groep kon ons nie vra - weereens maar net 'n REUSE DANKIE.
Ek hoop dat as jy eendag terugdink - KALENKA vir jou'n ervaring ontmeetbaar was.
Indien u belang sou stel in 'n puik DVD opname, kontak gerus vir Esme Delport by die skool - 018 - 4628423, en plaas u bestelling. Die DVD is nou beskikbaar teen R150-00
Foto's is ook te koop. Verskillende pryse en groottes.
Nogmaals dankie aan almal se lojale ondersteuning, maar vir eers is dit ............
"TIME TO SAY GOODBYE"
KALENKA GROETE
Merinda du Preez
Regiseuse.
APPLOUS VIR KHS-KALENKA 2007!!!
Hoërskool Klerksdorp se Kalenka-revuegroep het 19 – 21 September hul knie die eerste keer gebuig in die ouditorium met ‘n baie suksesvolle program. Hierdie revuegroep bestaan uit 34 lede en het die gehoor vermaak met gewilde Afrikaanse treffers en energieke, polsende popmusiek. Die solo, “Please Release Me”, gesing deurg Japie Olivier het die gehoor in vervoering gehad. Die program is op ‘n hoogtepunt afgesluit met “Time To Say Goodbye” gesing deur Elizna Steyn. Die revuegroep kan gerus dop gehou word.
Me. Merinda du Preez en haar groep helpers is baie in hulle skik met die puik vertoning van die revuegroep.
FOTOS:
Japie Olivier – het die gehoor betower met die solo “Please Release me”
Onder – In die finale wa die lied “Time to say goodbye” deur die groep opgevoer en Elizna Steyn was die hoofsanger. Hier skitter Christine Prinsloo en Almar Marais.
Elizna Steyn , regs – Kobus Dippenaar en Marion-Ann Duvenhage, Links – Louis Swanepoel in “Every time we touch”
Japie Olivier en Marice van Onselen dans hulle harte uit tydens die lied “Everytime”
Marice van Onselen (Revueleier) vol energie tydens die opvoering.