Wednesday, February 6, 2008

Krieket gelykop teen Waterkloof!

'n Gelykop uitslag in krieket is nie onmoontlik nie, maar ook nie alledaags nie - en dis presies wat Saterdag 26 Januarie gebeur het toe KHS se o/15's en Waterkloof teen mekaar te staan gekom het.

KHS, wat die loot gewen het en Waterkloof eerste laat kof het, haal hul opponente uit vir 124 lopies in die 32ste beurt. In hul kolfbeurt slaan KHS ook 123 met een lopie kort en een paaltjie staande en net daar word die span uitgeboul om 'n gelykop uitslag te beklink!

KHS se beste boulers was Herman Smith (foto) wat 4 paaltjies neem in 7 boulbeurte en Ryno Pienaar 2. Die beste kolwer is eweneens Herman met 27 lopies.

KHS se vorige rondte in di eSuper Ses het voorspoediger verloop toe die o/15's op Saterdag 19 Januarie teen Hoërskool Pietersburg op Pietersburg gespeel het en die wedstryd met 19 lopies gewen het.




Hier het Herman Smith as bouler uitgeblink toe hy vyf van sy opponente se paaltjies inoes.