
KHS se Eerste Span wen Wesvalia met 8 paaltjies op 8 September. Wesvalia kolf eerste slaan 108 in 40 beurte. Die boulers wat uitblink, is Fraser Duvenhage (3/13), Kallie Kruger (2/9), Jacques Pitts (2/8), C.J. Ferreira (2/26). KHS troef hulle binne 15 beurte met Ettiene Grobler 31 n.u.n. en Andreas Joubert 30 n.u.n. (Andreas, foto regs)
Die 0/15-krieketspan het ook teen Rustenburg gewen met 70 lopies. KHS kolf eerste en teken 223 lopies aan in 45 beurte (Jan Bosman Brink 64 n.un.). KHS haal Rustenburg uit vir 153 (beste bouler Peter Bornman 2 paaltjies vir 9 in 6 boulbeurte).
KHS SE O/15's BOBAAS IN KLERKSDORP!!KHS se o/15's-krieketspan het met hul oorwinning op Woensdag 10 Oktober oor Hoërskool Bergsig deurgedring na die halfeind van die Noordwes kompetisie. Hulle speel in die halfeind teen Hoërskool Lichtenburg.
KHS het met Bergsig afgereken met 156 lopies. KHS het die loot gewen en eerste gekolf. KHS teken 270 lopies aan in 45 beurte. Die beste kolwer was Jan Bosman Brink met 84 van 63 balle. Juandré van Wyk (52) en Vernon Prinsloo (51) het ook goed gevaar met die kolf.
KHS boul Bergsig uit vir slegs 114 lopies in 35 beurte. Die beste boulers is Jan Bosman (3 paaltjies), Vernon (2) en Franco van Tonder (2).
KHS is die enigste span in die KOSH-gebied wat die halfeind van die Noordwes kompetisie haal.

KHS se 1A-span (super liga) het ook die halfeind gehaal asook die o/14 A's en die I-B-span is tans in die kwartfinaal.
(FOTO
1e Ry – Jaco Fouche, Jacques Moolman, Pieter Bornman, Jan Bosman Brink
2de Ry – Paul Viljoen, Ruan Pieterse, Ruan Greeff, Shermin Visser, Dawid Sebostian,
3de Ry – Franco van Tonder, Juandré van Wyk, Werner Faul (afrigter), Vervon Prinsloo, Bernard Jordaan.)
TWEE KHS-KRIEKETSPANNE IN NOORDWES FINAAL!KHS se twee Superliga-spanne, die 1A-span, is die enigste twee hoërskole-krieketspanne om die KOSH-gebied in die finaal van die Noordwes kompetisie te verteenwoordig..
Die Eerste Span het Saterdag 13 Oktober teen Gimmies in die halfeind gespeel en hulle met 12 lopies geklop. KHS het eerste gekolf en 187 lopies aangeteken in 46 beurte. Die bestekolwers was Duane Bredenkamp wat 36 aangeteken het en Johandré Denner 32.
Gimmies het daarna gekolf en word uitgeboul vir 177. Boulers Andreas Joubert (2 paaltjies vir 42), Dirk van Staden (3 paaltjies vir 22) en Clifford Collard (2 vir 31) het die paaltjies met reëlmaat laat kantel.
Die 0/15's het – ook Saterdag 13 Oktober – 'n tuiswedstryd teen Lichtenburg gehad en die Liggies met 152 lopies gewen. KHS het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. KHS teken 249 lopies in die toegelate 50 beurte aan en verloor in die proses ses paaltjies, maar drie kolwers slaan elk 'n vyftigtal: Vernon Prinsloo, 66 lopies, Pieter Bornman 62 en Ruan Greeff 51.
In KHS se boulbeurt lewer Pieter Bornman weer 'n groot bydrae daartoe om Lichtenburg vir 97 lopies uit te haal. Pieter laat kantel naamlik 4 paaltjies en staan slegs 17 lopies af in sy 6 boulbeurte. Jan Bosman Brink is die ander bouler wat goed vaar deur twee paaltjies te neem vir 20 lopies.
NEGE KHS'ers IN NW SPANNENege KHS'ers is gekies vir Noordwes krieketspanne wat in Desember aan verskillende toernooie deelneem.
.JPG)
Vir die 0/18-span is Andreas Joubert as kaptein gekies, Duane Bredenkamp as speler en Fraser Duvenhage as reserwe. Mnr. Gert de Beer KHS se adjunkhoof, is die spanbestuurder. Die span neem van 14 – 19 Desember deel aan die Kaya Majola Coca-Cola-week deel wat in Johannesburg plaasvind.(Foto: Fraser Duvenhage, Duane Bredenkamp, Gert de Beer (Spanbestuurder), Andreas Joubert)
.JPG)
KHS'ers in die 0/17 NW-span is Dirk van Staden en CJ Ferreira. Hulle speel van 7 tot 10 Desember in Kaapstad krieket vir hulle provinsie.
.JPG)
Vier KHS'ers is in die 0/15-span vir Noordwes. Jeandré van Wyk, Shermin Visser, Vernon Prinsloo en Jan Bosman Brink neem van 8 tot 12 Desember aan die PG Bison-week deel in Stellenbosch.
(FOTO: Vernon Prinsloo, Johandré Denner, Shermin Visser, Jan Bosman Brink)