Sunday, September 16, 2007

KHS se eie leeskliniek!

HET JY GEWEET... dat daar op universiteit van studente 'n leesspoed van 350-400 woorde per minuut (wpm) verwag word? Studente wat stadiger as dit lees, raak agter met hul werk en moet baie meer tyd aan studie bestee-waardevolle tyd wat vir "Social" gebruik kan word.

HET JY GEWEET... dat jy baie beter in AL JOU VAKKE sal vaar op skool wanneer jou leesspoed verbeter?

Dankie tog vir oopkop-mense met visie!
Dis nou KHS se hoof en begeerliggaam. Met Stimulus Maksima se innoverende 'Reading Rocket' leesprogram leer KHS'ers op 'n prettige manier om vinniger te lees.

Algemene kennis verbeter, woordeskat word uitgebrei en oë word selfs geoefen om vinniger te beweeg en meer letters op een slag raak te sien!

Baie dankie vir KHS se omgee-beleid! Ons sien met verwagting uit om te hoor van die hoë hoogtes wat ons leerlinge nog gaan bereik!

Wetenskapmiddag

Het jy dit bygewoon? Dit was pret!! Ons het stroombane gebou skuim en slym gemaak en KOFFIE GEBRAND. As jy dit gemis het, kry ons jou baie jammer en daarom belowe ons om tydens die opedag se verrigtinge die aand, in die saal, weer koffie te brand en ons sal vir jou die resep vir die slym gee.

VCSV by ons skool

"Goeie more, KHS. Dit is Woensdag vandag, daar is tweede pouse CSV in die saal. Almal is welkom!" Daardie afkondiging is al amper tradisie in KHS. Woensdag vir Woensdag word dit afgekondig en dieselfde groepie ongeveer sewentig daag op.
Vir my is CSV 'n great geleentheid om tyd saam met God te spandeer, om weg te breek van skoolstres.

Om God te leer ken en Sy Naam groot te maak. Ons gesels oor alledaagse dingetjies, oor geloof, vergifnis...

Ons het ook Dinsdagaand tussen ses en sewe uur begin met byeenkoms. Alhoewel ons 'n baie klein groepie van ongeveer tien is, doen God regtig groot dinge. Hy vat seer weg, genees, herstel verhoudinge. Hy bly net altyd getrou.

CSV is 'n tyd om van God te hoor en om oor Hom te getuig. Om te getuig oor watter wonderlike dinge Hy in jou lewe gedoen het en nog steeds doen. Al wat ek kan sê, is: God is awesome!

Woon julle dit by of kyk julle dit verby?
Is jou verhouding reg met die Here?

As jy jou verhouding met God wil regkry, woon Woensdae se VCSV by!

Brief van KHS se hoof

Miskien het jy al hierdie verhaaltjie gehoor, maar ek deel dit graag weer met jou waar jy op die punt staan om die wye wêreld aan te durf. Dit is die storie van die blinde man wat voor 'n gebou sit met 'n blikkie en 'n plakkaat wat lui: "Ek is blind. Help asseblief". Hy sit al vir 3 dae daar en het slegs enkele muntstukke in sy blikkie. Dan stap 'n suksesvolle sakeman verby. Hy steek vas en soek in sy sakke vir 'n geldjie om by die enkele munte in die blikkie te gooi, maar het nie sy beursie by hom nie. Hy haal egter sy pen uit, neem die plakkaat en skryf agterop. Dan plaas hy dit weer met die nuwe boodskap op voor die blinde man.

Op pad huis toe stap hy later die middag weer by die blinde man verby sie se blikkie nou tot oorlopens toe vol note en munte is. Toe hy die blinde groet, herken hy sy stem en vra onmiddellik wat die sakeman op sy plakkaat geskryf het. "Niks is geskryf wat nie waar is nie-dis net uit 'n ander hoek benader," antwoord die sakeman.

Op die plakkaat het nou gestaan: "Vandag is dit lente en ek kan dit nie sien nie". Soms gaan dinge dalk nie vir jou reg loop nie en dan moet jy jou strategie verander. Partykeer is sukses binne jou bereik as jy net 'n bietjie anders dink. Onthou, as jy nie met die eerste probeerslag geslaag het nie, is dit wonderlik as jy weer probeer, maar as jy dit op dieselfde wyse oordoen, gaan die resultate mos dieselfde wees as die eerste keer!

Hier by KHS is dit ons strewe om vir jou so 'n ingesteldheid te kweek, want dan leer jy die hoe en die weerom van die lewe! Ons bede vir jou is dat jy altyd die insig en moed sal hê om 'n nuwe wêreld met nuwe probleme op 'n unieke wyse aan te pak en sukses sal behaal.

KHS-groete,
E.J. BATEMAN-HOOF

Opedag 19 September 2007




Kyk net hoeveel pret het hierdie gr 7's gehad met die opedag! Na die tyd en 'n lekker aandete het al die ouers en leerders in die saal bymekaar gekom om hierdie opwindende lewe by KHS verder te bespreek. Wat 'n belewenis!

Friday, September 7, 2007

Skaak nie vir SISSIES nie!

Hallo KHS!

Ek geniet die voorreg om my stem dik te maak en skaak op die map te sit. Vir die arme oningeligte siele - KHS het toevallig 'n skaakspan wat 5de geëindig het by die Super 16! Vir die arme wesens wat geteister word deur die wanbegrip dat skaak vir bleeksiele en sissies is, wel, vir jou wil ek net sê, SHAME! Die wat dit glo dink seker ook Forest Gump is 'n ware verhaal. Dames, vir julle wil ek sê moenie skaak ouens onderskat nie. Dink Wentworth Miller (Prison Break rule!) met 'n brein!
'n Mindblowing brokkie ingligting is dat skaak naas Formule1 die sport is met die meeste adrenalien! So, vir alle adrenalin junkies daar buite laat ek jou sê, bungie jumping is niks.
Ten slotte wil ek vir al die skaakspelers wat Desember maand in Bloemfontein aan die SA's gaan deelneem sê baie sterkte. Dit gaan vet pret wees! en dan ietsie om die giggel spiere te prikkel.
In a park people came across a man playing chess against a dog. They are astonished and say:"What a clever dog!" But the man protests "No, no, he isn't that clever. I'm leading by three games to one!"

Skaak op die MAP!

Hallo KHS!

Ek wil graag 'n spreekbuis wees vir talle skaakspelers daar buite wat gedurig saggies vir hulself fluister "niemand verstaan my nie" Ek gaan op hierdie wonderlike dag van vandag skaak op die "map" sit, en net so by the way, skaak is 'n sport, die tweede populêrste sport in die wêreld naas sokker! Vir die arme oningeligte wesens wat dit dalk nie geweet het nie, KHS het 'n skaakspan. 'n Span wat 5de by die Super 16 geëindig het. Vir die siele wat geteister word deur die wanbegrip dat skaak net vir bleeksiele is, vir jou sê ek net; SHAME! Dames, dink Wentworth Miller (Prison Break rule!!) met 'n brein!
'n Mindblowing brokkie inligting is dat skaak na Formule1 die sport is met die meeste adrenalien! As jy dus 'n adrenalien junkie is, mis jy uit!
Vir die siele wat sê "ek kan nie skaak speel nie want ek's nie slim genoeg nie" as jy dit glo, is jy dalk reg! Jy hoef nie slim te wees nie, skaak maak jou slim! Dis 'n feit dat skaak veral wiskunde drasties verbeter. So, vir alle skaak fans daar buite stuur ek die eenvoudige boodskap: "SSSSSKKKKKKKKKKAAAAAAAAAAKKKKKKKKKMMMMMMMAAAAATTTTTTTTTTTTTTT