Ons sal 2008 altyd onthou as die Jaar van die Groot Skrik en die Jaar van die Groot Vreugde. Selfs die spesifieke datums is in ons geheues ingegraveer: die Groot Skrik het gekom in die nag van 16 April toe ons seunskoshuis afgebrand het. Ons was dadelik oorstelp van dankbaarheid dat ons Hemelse Vader al ons kinders ongedeerd daar laat uitsap het. Maar die Groot Vreugde het presies 8½ maande later gevolg: ons Matriekuitslae!
Ons gee graag hiermee erkenning aan ons Hemelse Vader, aan die matrieks, aan ouers en onderwysers – ook dié wat nie noodwendig verlede jaar met hulle gewerk het nie, maar almal wat ‘n inset gelewer het, soos die laerskoolonderwysers. Die fondamente is reg gelê en KHS kon die afgelope vyf jaar net rustig voortbou. Baie dankie en baie geluk. Ons sien ook met geesdrif uit na wat ons Klas van 2009 gaan maak met hierdie voorbeeld wat aan hulle gestel is. Ons glo hulle kan dit nog ‘n tree of tien verder neem!
Maar in die eerste plek veral baie geluk aan elkeen van hierdie besondere Klas van 2008 wat die soet in ons mond teruggeplaas het, nie net met ‘n 100% slaagsyfer nie, maar hulle het hulle in alle opsigte onderskei as mense met wie ons as onderwysers graag saamgewerk het en vir wie ons met vreugde ons bes gedoen het. KHS groet julle met trots! - E J BATEMAN
‘n DUBBELE HANDVOL VIR JOHAN!
Toe talent uitgedeel is, het Johan Ferreira beslis altwee hande vol gekry. Daarby het hy gewoeker met daardie talente en dit vanjaar omskep in tien vakonderskeidings en ‘n gemiddeld wat hoog genoeg was om hom in Noordwes se Top Tien te plaas. Johan, wat as ‘n wonderlike musikus uitsonderlik presteer – hy is verlede jaar gekeur om aan die Interlochen Musiekakademie in die VSA te gaan studeer en het as een van slegs 3 studente uit 2500 die titel Erestudent verwerf – het op sy simbolestaat onderskeidings in Afrikaans (90%), Engels (80%), Wiskunde (96%), Wiskunde 3 (88%), Fisiese Wetenskappe (89%), Rekeningkunde (84%), Inligtingstegnologie (92%), Lewensoriëntering (93%) en Musiek (98%). Daarby word Praktiese Musiek (Royal Schools) op die staat aangedui as die tiende vak waarin hy ‘n totaal van 93% verwerf het. Sy punt in Musiek is 98 %, wat aan hom ook die Burgermeesters-toekenning besorg het as die beste presteerder in dié vak in die KOSH-gebied. Johan gaan vanjaar aan Tukkies studeer en KHS wil hierdie dux-leerling van ons ‘n wonderlike studentetyd en loopbaan vorentoe toewens. Johan is ‘n oudleerling van Laerskool La Hoff.
SEWES VIR JACO EN KARIEN
Twee KHS’ers, Jaco Joubert en Karien Steyn, spog met 7 onderskeidings elk. Jaco, wat ook met die viool kan toor, het A’s behaal in Afrikaans, Wiskunde, Wiskunde 3. Lewensoriëntering, Geografie, Inligtingstegnologie en Fisiese Wetenskappe. Jaco beoog ingenieurstudie, maar het below om nooit die viool weg te pak nie. Jaco is ‘n oudleerling van Laerskool Meiringspark.
Karien, wat in 2008 ook die Koshuishoofmeisie was, behaal onderskeidings in Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekenaartoepassingstegnologie, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Slegs 1% beteken vir haar die verskil tussen 7 en 8 A’s. Karien verwerf ook die Burgermeesterstoekenning as die beste presteerder in Lewenswetenskappe (91%) in die KOSH-gebied. Sy ontvang ook ‘n beurs van die Stadsraad vir haar posisie op die provinsie se top vyftig. Karien presteer ook puik in Rekenaartoepassingstegnologie waarvoor sy 95 % kry. Karien is ‘n oudleerling van Learskool Hartbeesfontein.
SES MAAL SES KEER GELUK!
1. Hoofseun Pieter-Jan Pienaar het 6 A’s en is ook die KOSH se toppresteerder in Afrikaans (93%) en Lewensoriëntering (96%). Hy blink ook uit in Besigheidstudies (94%) en Wiskunde (91%). Ook ontvang hy ‘n beurs van die Stadsraad vir sy posisie op die provinsie se Top 50. Pieter-Jan is gekeur vir mediese studies en is ‘n oudleerling van Laerskool Hartbeesfontein.
2. Hoofmeisie Elizna Steyn het ses A’s, waaronder ‘n puik 92% in Afrikaans. Sy het ook 91% vir Musiek en 90% vir Lewensoriëntering. Elizna is ‘n oudleerling van Laerskool Coligny.
3. Retha Peach het nie net 6 A’;s nie, maar is ook die topstudent in Landbouwetenskappe (86%) in die KOSH-gebied. Sy verwerf ook 90% vir Wiskunde en 91% vir Lewensoriëntering. Retha is ‘n oudleerling van Laerskool Gerdau.
4. Nico Mynhardt het sy skryftalent in die eksamen goed benut en 6 A’s losgeskryf. Hy presteer die beste in Toerisme (86%). Hy is ‘n oudleerling van Laerskool Goudkop.
5. Tamrin Veldsman het in 2008 nie net haar plek in die Eerste Netbalspan volgestaan nie, maar akademies uitgeblink met ses A’s. Ook sy kort slegs 1% vir ‘n sewende onderskeiding. Tamrin is ‘n oudleerling van Laerskool Roosheuwel.
6. Francois van der Walt het ook ses goeie A’s in die sakkie. Hy presteer die beste in Wiskunde met 89%. Francois is ‘n oudleerling van Laerskool Schoonspruit.
TUSSEN DIé VIER IS DAAR 20
1. Lourens Linde (Afrikaans, Wiskunde, Lewensoriëntering, Inligtingstegnologie 88% en Landbouwetenskappe) – Laerskool Schoonspruit
2. Marizelle Moolman (Afrikaans 88%, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering 90% en Lewenswetenskappe) – Laerskool Gerdau
3. Nerié van Rhyn (Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering 90%, Rekenaar-toepassingstegnologie 89% en Lewenswetenskappe) – Laerskool Meiringspark
4. Michael Zietsman (Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Rekenaartoepassings-tegnologie en Lewenswetenskappe) – Laerskool Hartbeesfontein
ELF KEER VIER
1. Dian Bateman (Afrikaans, Wiskunde 89%, IT en Fisiese Wetenskappe) – Laerskool President
2. Vanessa Esterhuizen (Afrikaans, Toerisme, Lewensoriëntering en Wiskundige Geletterdheid) – Laerskool Goudkop
3. Stiena Hoffmann (Afrikaans, Kuns, Wiskundige Geletterdheid 96% en Lewensoriëntering) – Laerskool Kleinbroek
4. Elaine Jacobs (Toerisme, Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterdheid en Besigheidstudies) – Laerskool Hartbeesfontein
5. Elmar le Grange (Afrikaans, Wiskunde, Lewensoriëntering en IT) – Laerskool Meiringspark
6. Christine Prinsloo (Afrikaans, Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterdheid en Besigheidstudies) – Laerskool Goudkop
7. Inge Snyman (Afrikaans, Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterdheid en Besigheidstudies) – Laerskool Goudkop
8. Hendré Swart (Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe en Ingenierusgrafika) – Laerskool Goudkop
9. Rhyno van der Westhuizen (Geografie, Toerisme, Lewensoriëntering en Wiskundige Geletterdheid) – Laerskool President
10. Lené van Rooyen (Afrikaans, Lewensoriëntering, Geografie en Besigheidstudies. Sy is ook bekroon as die toppresteerder in Besigheidstudies in die KOSH) – Laerskool Goudkop.
11. Marice van Onselen (Afrikaans, Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterdheid en Toerisme) - Laerskool President.
HULLE HET ELK DRIE
1. Ulrike Becker – Laerskool Goudkop
2. Hendrik du Plessis – Laerskool Schoonspruit
3. Anina Jooste – Laerskool Hartbeesfontein
4. Bianca Koste – Laerskool Stilfontein
5. Hardus Labuschagne (Lewenswetenskappe 90%) – Laerskool Noordvaal
6. Phillana le Roux – Laerskool Noordvaal
7. Cayleen Lock (Wiskundige Geletterdheid 95%) – Laerskool Noordvaal
8. Paul Nieuwoudt – Laerskool Swartkop
9. Heleen Olivier – Laerskool La Hoff
10. Wilmarie Pienaar – Laerskool Gerdau
11. Michelle Pieterse (Beste prestasie in Toerisme in KOSH 92%) – Laerskool Stilfontein
12. Natasha Pretorius – Laerskool President
13. Adriaan Swart – Laerskool Hartbeesfontein
14. Wilco van der Schyff – Laerskool Schoonspruit
15. Nicky van der Walt – Laerskool President
16. Dirk van Staden (Beste prestasie in Toerisme 92% en Wiskundige Geletterdheid 97% in KOSH – Laerskool Goudkop)
17. Johan le Grange – Laerskool President
18. Dries van Onselen – Laerskool President
DUBBEL VREUGDE VIR Dié 20
1. Duncan du Plessis – Laerskool Noordvaal
2. Marlize Erasmus – Laerskool Delareyville
3. Edwim Gibbons – Laerskool La Hoff
4. René Jooste – Laerskool President
5. Johan Koekemoer – Laerskool Driefonteine
6. Leana Leggasick – Laerskool Driefonteine
7. Abraham Maree – Laerskool Schoonspruit
8. Megan Mclean – Laerskool Saamtrek
9. Melanie Minnaar – Laerskool Saamtrek
10. Simoné Murray – Laerskool President
11. Michelle Pieterse – Laerskool Driefonteine
12. Suzel Pretorius – Laerskool Driefonteine
13. Darnet Prinsloo – Laerskool Goudkop
14. Rian Smit – Laerskool La Hoff
15. Chantel Smit – Laerskool Koppie Alleen
16. Gerhard Strydom – Laerskool Orkney
17. Wessel Strydom – Laerskool Noordvaal
18. Michelle Buitendach – Laerskool Goudkop
19. Clarisse Coetzee – Laerskool Hartbeesfontein
20. Drian van den Heever – Laerskool Hartbeesfontein
GELUK MET EEN A:
Ruhan Beukes – Laerskool Noordvaal, Alicia Bruwer – Laerskool Noordvaal, Bertus Bylsma – Laerskool Saamtrek, Alicia Combrinck – Laerskool Saamtrek, Clifford Collard – Laerskool Driefonteine, Christelle de Beer – Laerskool Stilfontein, Zandré de Vries – Laerskool Orkney, Salize Duminy - Breinlyn, Madelein Dupper – Laerskool Noordvaal, Ettiene Grobler – Laerskool Goudkop), Lukas Groenewald – Laerskool President, Vivian Harris – Laerskool Lichtenburg, Wilma Henning – Laerskool Orkney, Jurie Herbst – Laerskool President, Tommie Heydenreich – Laerskool President, Johan J van Rensburg – Laerskool Goudkop, Rikus Jooste – Laerskool Hartbeesfontein, Hennie Kruger – Laerskool Lichtenburg, Kallie Kruger – Laerskool Orkney, Wimpie Lambrecht – Laerskool Hartbeesfontein, Suné Landman – Laerskool President, Amanda le Roux – Laerskool Unie, Matthias Lewis – Laerskool Meiringspark, Algretha Lombaard – Laerskool President, Almur Marais – Laerskool Driefonteine, Marilize Marais – Laerskool President, Milena Marcovic – Laerskool President, Chandré McLoughlin – Laerskool President, Chenél Műller – Laerskool Saamtrek, Cobus Nieuwoudt – Laerskool President, Ockert Olivier - Laerskool President, Oswald Prinsloo – Laerskool Goudkop, Eugene Radyn – Laerskool President, Yolandé Smit – Laerskool Goudkop, Alicia Steyn – Laerskool Orkney, Meliza Steyn – Laerskool Orkney, Johan Swanepoel – Laerskool President, Nadia Swanepoel – Laerskool President, Carien Thoresson – Laerskool Kuswag, JP van der Walt – Laerskool Newcastle, Deon van Onselen – Laerskool Driefontein en Anneri Weyers – Laerskool Hartbeesfontein
• Ons hou duim vas vir die leerlinge wat tussen hulle 31 amper-A’s (78-79%) verwerf het dat die hernasien nog beter sal wees!.
“DIE BESTE IN DIE LAND!”
Op nasionale vlak die beste – dit is die boodskap wat ons oor KHS se Toerisme-uitslae ontvang het! Baie geluk aan mev Yolandé Heymans en haar groep matrieks! Dié 64 leerlinge behaal ‘n gemiddeld van 74,4% en 24 van hulle verwerf A-simbole. Die wtee top-presteerders, Michelle Pieterse en Dirk van Staden, kry elke 92% en daarmee saam ook die toekenning as die beste in die KOSH-gebied. Die tweede plek wat hulle in 2007 in die Nasionale Toerismekompetisie vir skole verwer het, het beslis ook positief bygedra tot hul sukses.
Daar is natuurlik nie ‘n beter Toerisme-juffrou as mev Heymans, oftewel Juffrou Yollie nie! Sy en twee van haar graad 11-leerlinge wen verlede jaar nie net die Nasionale Toerisme-kompetisie nie, maar behaal ook wêreldwyd die eerste plek met hul voorlegging in Desember 2008 in Nice, Frankryk.